Leesplan inligting

Volharding saam met Job: Sewe Dae van HoopVoorbeeld

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

DAG 2 VAN 7

Die volgende twee karakters wat in hierdie verhaal bekendgestel word is: God en die Satan. God roep al die hemelwesens bymekaar, maar tussen hulle is een wat nie daar hoort nie.



God ontbied toe die Satan om verantwoording te doen van sy onlangse aktiwiteite. Hy antwoord God op 'n ontwykende manier: "Ek het die wêreld deurkruis." Wat hierna volg, is die sin wat tot die konflik in die res van die boek lei: God vra vir die Satan of hy sy dienaar Job in sy swerftog raakgesien het.



Hoekom het God dit gedoen? Hoekom het Hy sy getroue dienaar aan pyn en teëspoed blootgestel? 



Die Satan gryp gretig die geleentheid aan om een van God se dienaars te toets. Die Satan beweer dat Job net aan God getrou is weens die voorspoed wat God in sy lewe gee, maar as God sy voortdurende seën terugtrek, sal Job 'n ander mens wees. Die Satan daag God uit om Job se besittings weg te neem en te kyk of hy God nie in sy gesig sal vervloek nie.



God stem in en die Satan vertrek om vir Job aan te val.



Die res van die boek worstel oor die vrae wat deur hierdie gedeelte gelaat word. Hoekom laat God lyding toe? Veroorsaak Hy dit? Wat is die doel van die bose in die wêreld? Verdien ons al die pyn en smart wat oor ons lewens kom?



Kom ons kyk eers hoe die gesprek tussen God en die Satan verloop het. Die Satan moes eers toestemming kry voordat hy Job kon nader. Selfs met toestemming, was daar sekere perke gestel van wat hy mag en nie mag doen nie ("Net aan hom self mag jy nie raak nie" Job 1:12). 



Daar bestaan nie iets soos goed teenoor kwaad nie, want daar is geen krag in die heelal wat so magtig is soos ons God nie. Daar is net God en alles is aan Hom ondergeskik. Alles in die skepping moet aan Hom verantwoording doen, selfs die Satan.



Hierdie waarheid bring vir my vertroosting en frustreer my terselfdertyd. Dit bring vir my troos omdat ek weet niks kom in my lewe in sonder dat God daarvan weet en dit toelaat nie. God is die poortwag, Hy waak die hele tyd oor almal. Dit is egter ook frustrerend, want so dikwels verstaan ons nie die doel in ons ervaring van pyn nie. 



Job het glad nie van hierdie gesprek geweet nie. Hy het net eenvoudig soos altyd gelewe totdat sy wêreld skielik inmekaar begin tuimel het. Ons ervaring van pyn is gewoonlik dieselfde. 



Hierdie bietjie insig is 'n kragtige waarheid. Voor die pyn en argumente en uiteindelike verligting wat ons deur Job se verhaal ervaar, kry ons 'n blik op God se opperheerskappy. Selfs in ons donkerste tye kan ons vashou aan die hoop dat God weet wat aangaan.






Boodskap om weg te neem: Niks kan ons lewe binnekom sonder God se toestemming nie.



Gebed: Liewe Vader, dankie dat U my almagtige Beskermer is. Help my om te onthou dat ek vrede kan hê omdat ek weet U sien my raak en U gee oor my om.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Enduring With Job: 7 Days Of Hope

Lyding is die een belewenis wat die mensdom verbind. Hoekom bestaan dit? Wat is die doel? Net soos baie van ons, het Job nie die geweldige pyn in sy lewe verdien nie. Dit was op sy laagste punt wat God opgedaag het om di...

More

Ons wil graag dankie sê vir Faithspring wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.ramosauthor.com/books

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid