Leesplan inligting

Kruis & KroonVoorbeeld

Cross & Crown

DAG 6 VAN 7

Omdat Hy Leef


Die feit dat Jesus Christus uit die dood opgestaan ​​het, vorm die absolute, onbetwisbare grondslag vir alles wat ons glo. Eerstens het ons die sekerheid en wete dat ons God lewe. Jesus was nie bloot 'n rondreisende prediker of onderwyser nie. Hy het daarop aanspraak gemaak dat Hy die Messias, die Seun van die lewende God is (Matteus 16:16-17). Die Here het aan sy dissipels gesê dat, om Hom te sien, is om die Vader te sien (Johannes 14: 9). Om die waarheid te sê, dit was een van die redes waarom Hy gekom het — om die hemelse Vader te openbaar, sodat ons kon verstaan wie Hy is.


Alle ander geloofstelsels het hul sogenaamde gode, maar ons weet waar hulle leiers begrawe is — en dit bevraagteken hul "goddelikheid". Christus het uit die dood opgestaan ​​om te bekragtig en vir eens en altyd te bevestig dat ons God die enigste ware God, die Skepper van alle dinge is. Hy, wat elkeen van ons gemaak het, kan nie deur ons gevorm word nie. Die Een wat ons aanbid, lewe. Hy is nie dood, leweloos, of 'n idee wat in die mens se gedagtes opgetower is nie. Dink daaraan: tensy jy glo dat Jesus Christus uit die dood opgestaan ​​het, aanbid jy iets anders of glad niks nie; 'n toestand wat Jesaja as dwaas, en Paulus as bejammerenswaardig beskryf. Hoekom? Eenvoudig omdat mense sonder die lewende Christus oor niks sekerheid het nie.


Jy mag dalk wonder, Wel, as Christus lewe, waar is Hy dan? Wat doen Hy? Die Skrif openbaar baie duidelik dat Jesus aan die regterhand van die Vader sit en namens ons intree (Hebreërs 7:25; 10:12). Hy is 'n lewende God wat omgee, liefhet, ons gebede hoor en beantwoord. Hy is ons Here wat vergewe, wat voortdurend namens ons pleit. Die Here Jesus is God die Seun, wat 'n plek voorberei vir elkeen van ons wat in Hom glo (Johannes 14:2). Hy is ook die opgestane Verlosser wat sy dissipels belowe het dat Hy hulle nie as weeskinders sal agterlaat nie. Jesus het hulle verseker dat Hy die Heilige Gees sal stuur om elkeen van sy volgelinge te onderrig en te lei totdat Hy terugkeer (Johannes 14:16,18).


Gevolglik woon die lewende Gees van God vandag in elke enkele gelowige, van die oomblik dat hy of sy Christus as Verlosser aanneem. As Christene word ons vir ewig verseël tot op die verlossingsdag wanneer ons na die hemelse tuiste geroep word. Ons God is lewend en aktief in en deur die lewens van sy kinders en Hy is gereed om enigeen te red wat bereid is om sonde te bely en die gawe van vergifnis te ontvang, wat Hy so vrylik gee.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Cross & Crown

Heelwat van die Nuwe Testament is geskryf sodat ons Jesus Christus kan ken; die verlossing wat Hy deur sy kruisdood en die belofte van sy opstanding verseker het. In hierdie leesplan besin dr. Charles Stanley oor die kos...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-easter vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid