Leesplan inligting

Kruis & KroonVoorbeeld

Cross & Crown

DAG 1 VAN 7

Die Kosbare Bloed van Jesus


Wanneer laas het jy 'n preek gehoor of 'n lied gesing oor die bloed van Jesus? Vandag vind sommige kerke die konsep verouderd of selfs grusaam. Liedere wat "die bloed" noem, is selfs uit gesangeboeke verwyder. Tog, daarsonder is daar geen hoop vir 'n verhouding met God, geen versekering van verlossing en geen sekerheid dat ons gebede verhoor word nie.


Die Skrif skram nooit daarvan weg om van bloed melding te maak nie. Trouens, dit loop soos 'n rooi draad van Genesis tot Die Openbaring. As jy die verwysings na bloed uit die Bybel haal, is al wat oorbly 'n geskiedenis- en letterkundeboek. Enigiets wat God so belangrik ag, behoort nooit verontagsaam te word nie. 


Levitikus 17:11 (AFR20) vertel ons dat God bloed gegee het om versoening te doen, omdat die "lewe van 'n liggaam" daarin is. Die woord "versoening", soos dit in die Ou Testament gebruik word, beteken "bedek". Deur die offerstelsel van aanbidding, wat deur die Here ingestel is, is die sondes van die mensdom deur die bloed van onskuldige diere bedek.


Die erns van sonde word geopenbaar deur die enorme koste van versoening — die straf is die dood; en dit moet deur die skuldige, of 'n aanvaarbare plaasvervanger, betaal word. Om oortredings te bedek, moes die offerdiere onbevlek en perfek wees. Elke offer op die altaar was 'n vervulling van die doodstraf soos deur God se wet vereis word.


Die offerstelsel het mense geleer dat die Here heilig is, oortredings gestraf moet word en versoening vir sonde slegs deur bloedvergieting plaasvind. Hierdie reëling was 'n vooruitskouing van wat sou kom. Omdat diere-offers slegs sonde kon bedek, was 'n "onbevlekte lam" nodig om al die ongeregtighede van die mens te verwyder.


Eendag, terwyl Johannes die Doper by die Jordaanrivier gestaan ​​het, het "die Lam van God, wat die sonde van die wêreld wegneem", op die toneel van die mens se geskiedenis verskyn (Johannes 1:29). Die volmaakte offer vir sondes het gekom. "[Hy is] voor die skepping van die wêreld hiervoor bestem" en het na die aarde gekom om die Here se ontsagwekkende verlossingsplan te vervul, deur die vergieting van sy kosbare bloed (1 Petrus 1:18-20).


Jesus was nie net 'n mens nie — Hy was die Seun van God, geklee in menslike vlees. Sy geboorte was bonatuurlik, omdat Hy deur middel van die Heilige Gees in die moederskoot van 'n maagd verwek is. Aangesien geen sonde deur 'n aardse vader na Hom oorgedra is nie, was Jesus die perfekte, vlekkelose lam van God. Syne was die enigste foutlose lewe en dus die enigste geskikte offer vir die skuld van die hele mensdom.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Cross & Crown

Heelwat van die Nuwe Testament is geskryf sodat ons Jesus Christus kan ken; die verlossing wat Hy deur sy kruisdood en die belofte van sy opstanding verseker het. In hierdie leesplan besin dr. Charles Stanley oor die kos...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/yv-easter vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid