Leesplan inligting

God Met OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 6 VAN 6

God Met Ons terwyl ons Wag



Wag. 



Hoe hou jy van daardie woord? Wag 'n bietjie. Net 'n oomblik. Net 'n sekonde. Ek sal nou-nou by jou wees. Voel jy al gefrustreerd? Kyk na al die versagtende woorde wat ons gebruik, so asof dit die wagtyd korter sal maak. Ons hou maar daarvan om wagtyd gering te ag. 



Waarvoor wag jy? Het iemand jou al ooit daardie vraag gevra? Het jy al ooit gewonder waarvoor jy nie wag nie? Op skool wag jy vir die klok om te lui, of die somervakansie, of om klaar te maak met matriek. As jy met iemand uitgaan, wag jy om te trou en seks te hê. As jy getroud is, wag jy dalk om kinders te kry. As jy kinders het, wag jy vir hulle om te begin praat, loop, skool toe te gaan, terug huis toe te kom, om aandete te eet en dan bed toe te gaan! 



Dalk probeer julle nog om kinders te kry. Dalk wag jy vir 'n diagnose. Vir 'n bevordering. Vir een of ander deurbraak. Werk as kelner om 'n bietjie ekstra geld te maak. 



Wat sou gebeur as ons nie die wagtyd aanjaag nie? Wat as daar heilige krag in die wagtyd is? Wat as die gewag nie iets is wat ons doen terwyl ons groei nie, maar die grond is wat God gebruik sodat ons kan groei?



Dink aan Josef. Hy was verloof. Ons lees in die Skrif dat hy God en Maria geëer het, deur vir die huwelik te wag om die verhouding deur middel van seks te voltrek. Ons weet ook dat hy Maria sy vrou gemaak het, nadat die engel vir hom gesê het dat sy maagdelike verloofde swanger was met Jesus. Jy moet dit egter mooi verstaan: die Skrif sê dat Josef tot na die geboorte van Jesus gewag het om die huwelik met seks te voltrek. 



Was God met Maria terwyl sy gewag het? Ja. Hy was letterlik binne-in haar, oral waar sy daardie nege maande gegaan het. Dink jy Maria het nog steeds gevoel dat dit 'n wagtyd was? As jy onseker is, vra die volgende verwagtende vrou wat jy teëkom: "Waarvoor wag jy?" Maria het bewys dat God nie net met ons is as ons wag nie, maar Hy groei ook kragtig in ons terwyl ons wag. 



Was God met Josef met al die gewag? Ja. Terwyl God Jesus in Maria laat groei het, het Hy getrouheid, deursettingsvermoë en hoop in Josef laat groei. Was al sy gewag die moeite werd? Wel, die Skrif maak melding van minstens nog vier kinders. So dis dit. Op 'n ernstiger noot, hy het die Redder van die wêreld grootgemaak! 



Waarvoor wag jy? Hoe kan jy ophou om die wagtyd as minder belangrik te beskou? Wat laat God in jou groei terwyl jy wag?



Bid: God, help my om op 'n ander manier te wag. Dis vir my 'n eer om op U te wag terwyl U getrouheid, deursettingsvermoë en hoop in my laat groei. Amen. 



Vind meer praktiese hulp en waarheid by finds.life.church


Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierd...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid