Leesplan inligting

God Met OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 3 VAN 6

God Met Ons in die Vallei



Jy het seker al Psalm 23 gelees. Indien nie, is dit een wat jy gereeld sal lees. Sal jy nou enige vooropgestele idee oor die Psalm laat vaar en jou oopstel vir 'n nuwe betekenis?



Baie Bybel geskiedkundiges glo dat Dawid Psalm 23 in sy tienerjare geskryf het, ongeveer die tyd toe hy as koning van Israel gesalf is. Stel jou voor hoe daardie twee lewenservarings tegelykertyd gebeur. Dalk hoef jy nie jou verbeelding te gebruik nie. Dalk was jy ook 'n tiener toe jy lewensveranderende nuus ontvang en in jou verhaal ervaar het.



Ons lees gewoonlik hierdie bekende Psalm as komende van 'n ervare persoon, om God in moeilike tye te vertrou — in die vallei van die skadu van die dood. Kom ons lees dit vandag vanuit die denke van 'n hormoongedrewe tiener, wat sopas die nuus ontvang het dat hy glad nie so voorbereid vir die lewe is as wat hy gedink het nie. Hou ook in gedagte dat Dawid gelewe het voor Jesus aarde toe gekom het, voor Jesus die Heilige Gees belowe het, in 'n tyd toe geloof in God nie so 'n innige verhouding was nie, maar gebaseer op godsdienstige ooreenkomste en praktyke.



Dawid begin deur God 'n herder te noem. Dit was nie die instinktiewe posbeskrywing wat die Israeliete sou gebruik het om God te vlei nie. Dis soos wanneer een van ons sê: "Die Here is my beesboer ..." Tog weet ons dat Dawid 'n goeie herder was. Hy het so goed na sy skape omgesien, dat God gedink het Dawid moet kan omsien na 'n nasie. Deur God 'n herder te noem, vind Dawid in sy eie woorde, 'n verband met sy hemelse Vader. Hy probeer nie om 'n indrukwekkende toespraak vir God te maak nie. Hy sê eintlik: "Vader, U verstaan my. Ek dink ek verstaan U ook en ek hou van U." In hierdie woordkeuse sien ons 'n tienerseun wat hom persoonlik met God kan vereenselwig. Hy het God met ons geken. 



Hoe praat ons met God as ons in die vallei is? Aanhoudend. Persoonlik. Eerlik. Vriendelik. Asof ons Hom ken en Hy ons ken. Hoekom? Omdat ons Hom ken en Hy ons ken. 



Dawid gaan voort om God op 'n persoonlike manier te komplimenteer. As jy Dawid se gedagtes in die verlede tyd lees, sal dit jou laat dink aan woorde wat jy tydens 'n geliefde se begrafnis mag hoor. Tog is dit die teenoorgestelde. Dawid het hierdie hartlike gesprek met 'n lewende God gehad in die teenswoordige tyd. Lees vandag Psalm 23 op 'n nuwe manier. Lees dit asof jy direk met God praat. Want dis wat jy doen.



Deur watter vallei gaan jy nou? Hoe kan jy op 'n nuwe manier jou met God vereenselwig soos Dawid, in die vallei?



Bid: Dankie Vader, dat U by my is, tussen my vyande, op my laagste oomblik. U verlaat my nooit nie. U hou nooit op om my lief te hê nie. Ek het U lief en sal U volg.  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierd...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid