Leesplan inligting

God Met OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 2 VAN 6

God Met Ons Altyd



Onthou jy God se verhaal? Ons het in gister se oordenking 'n voorsmakie daarvan gehad. God wil by ons wees. Gister se oordenking het by die begin van Jesus se lewe op aarde geëindig. Ons het in Matteus 1 van die Kersverhaal gelees toe die engel vir Josef gesê het dat Jesus, Immanuel, God met ons genoem sal word. Vandag begin ons met die laaste vers van die laaste hoofstuk in Mattteus, die einde van Jesus se tyd op aarde. 



Teen hierdie tyd het Jesus die prys vir ons sonde betaal, Hy het drie dae later uit die dood uit opgestaan en het daarna 'n paar weke saam met sy dissipels deurgebring. As deel van sy voorbereiding om hulle te verlaat, het Hy hierdie laaste woorde gebruik: "Ek sal altyd met julle wees." 



Wag 'n bietjie, hoe nou? Kan jy die gesug van die dissipels hoor? Jesus, ek is nie seker ek verstaan wat U gaan neerlê nie. Is dit weer een van u rabbi breinspeletjies? U was net meer as 30 jaar saam met ons hier op aarde. U was die laaste drie jaar persoonlik by ons. U was vir drie dae dood. Dankie tog dat U teruggekom het. Nou gaan U weg, maar belowe om altyd met ons te wees?



In Johannes 14 het Jesus sy dissipels vir hierdie moeilike les voorberei. Jesus doen dit goed, né? Hy het hulle gewaarsku dat Hy sou weggaan en dat Hy die Vader sou vra om 'n "advokaat" te stuur: of Paraklētos, in Grieks. Hierdie woord beskryf iemand wat 'n persoon bystaan, raad gee, vertroos en bemagtig. Die Heilige Gees. 



Jesus, Immanuel, God met ons, beteken letterlik dat ons nuwe advokaat nie net met ons sal wees nie, maar in ons. Op daardie oomblik, toe Hy die Paraklētos, die Heilige Gees aan ons voorgestel het, het Jesus sy reputasie, sy God-gegewe naam en die hele geskiedenis van God met ons op die spel geplaas. Jesus het met ander woorde gesê: "Julle het God met ons leer ken, maar Ek praat van die Paraklētos wat gaan kom, God in jou." 



Stel jou Vader Kersfees voor wat deur die skoorsteen kom, Kersfees saam met julle deurbring, dan vir jou kinders sê hy moet terug gaan, maar hy sal al die geskenke, vreugdes, blydskap en wonder van die Noordpool vir altyd agterlaat. "Kinders, julle sal nooit weer vir Vader Kersfees 'n kerswens hoef te stuur nie." 



Die verskil is: God se verhaal is werklik. Deur die werking van die Heilige Gees, is dieselfde krag wat Jesus uit die dood opgewek het, nie net met ons nie, maar in ons, langs ons—ons krag, mag, raadgewer en Trooster, vir altyd! "Kinders, julle hoef nooit weer bekommerde gebede aan 'n God te rig wat ver weg is nie."



Het die Heilige Gees onlangs vir jou iets gesê? Hoe kan jy ingestel wees op God wat in jou is?



Bid: Heilige Gees, vul U my lewe. Met u raad, liefde en krag, vir altyd.  

 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierd...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid