Leesplan inligting

God Met OnsVoorbeeld

God With Us

DAG 1 VAN 6

God Met Ons Dwarsdeur Die Geskiedenis



Hoe raak jy verlief of maak jy 'n nuwe vriend? Deur julle verhale met mekaar te deel. Miskien gebeur dit deur die loop van baie ure se saamwees, afsprake, uitruil van boodskappe, oproepe, enige vorm van kommunikasie. Dit gebeur wanneer julle mekaar jul verhale vertel.



Het jy onlangs God se verhaal gehoor?



Die saak staan so. God het 'n perfekte verhouding met die Heilige Gees en sy Seun, Jesus gehad. Saam was hulle als wat hulle nodig gehad het. Op 'n dag het hulle 'n nuwe soort skepsel gemaak: ons verlangse familie, Adam en Eva.



God het ons nie net as 'n byproduk gemaak, wat in 'n Petri bakkie vergete bly nie. Hy wou van die begin af by ons wees. Genesis vertel vir ons dat Hy saam met ons in die tuin gewandel het, teen die aand se kant. Ken jy God so? Jy kan.



Toe het ons verby God gekyk op soek na kennis, vervulling, voorsiening en ander dinge wat net ons Skepper veronderstel was om vir ons te gee. Doen jy dit ook?



God het dit uitgevind. Toe kruip ons weg. Kruip jy ooit weg? 



God wou nog steeds met ons wees, dus het Hy ons gaan soek, ons gevind en 'n nuwe manier gegee om naby Hom te wees, deur middel van wette en offers. Is jy al deur Hom gevind?



Mense sou probeer om die wette te gehoorsaam, maar hulle sou misluk het. Hulle sou dus hulle beste diere vir die priester as 'n offer gee. Dis sou hulle sonde bedek, sodat hulle deur die priester, naby God kon kom.  



God wou nog steeds nader by ons wees, toe stuur Hy sy enigste Seun aarde toe, die volmaakte priester en eens-en-vir-altyd offer. Jesus het aarde toe gekom om by ons te wees, waar Hy sy lewe gegee het om die wet vir ons te vervul. 



Weet jy wat God sy Seun genoem het toe Hy hom gestuur het om by ons te wees, en aan die wêreld voorgestel het? Immanuel, wat beteken "God met ons". God het letterlik 'n babatjie na ons planeetjie gestuur en hom "God met ons" genoem!



Dink weer vandag na oor wat Hy gedoen het om by ons te wees, om by jou te wees. 



Wat is jy gewillig om te doen, of prys te gee, om by Hom te wees?



Bid: Baie dankie, God. Baie dankie. Baie dankie. Ek wil ook by U wees. 



Gaan kyk na God Met Ons.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

God With Us

Hy is by jou as jy pyn ervaar. Hy vertroos jou terwyl jy wag. Wanneer jy angstig is oor die toekoms, gee Hy jou moed. Wanneer jy 'n berg moet klim, hou Hy jou veilig in sy arms. Jy is geen oomblik alleen nie. Begin hierd...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid