Leesplan inligting

Advent BewonderingVoorbeeld

Advent Adoration by Vertical Worship

DAG 1 VAN 4


Ek hoop ek kry 'n nuwe fiets.

Ek hoop my span wen hierdie wedstryd.

Ek hoop mense hou van my.

Ek hoop sy hou van my.

Ek hoop ek kry plek in daardie skool.

Ek hoop ek kry my droom werk.

Ek hoop iemand sal met my wil trou.

Ek hoop ek kry bevordering.

Ek hoop ek sal eendag kinders hê.

Ek hoop ek is 'n goeie mens.

Ek hoop ek sal hierdie gewoonte ontgroei.

Ek hoop hulle veroordeel nie my vuil huis nie.

Ek hoop ek hou op om so te voel.

Ek hoop dit is nie alles verniet nie.

Ek hoop ek sal nie met my lewe teleurgesteld wees nie.

Ek hoop ...
Ek hoop ...
Ek hoop ... 


Ons lewenspad word gekenmerk deur ons hoop. 



Spreuke 13:12 AFR20:

"Onvervulde hoop maak die hart siek, maar 'n vervulde wens is 'n boom van lewe." 



Ons beweeg ons hele lewe lank tussen teleurstelling en vervulling, nie waar nie? 



As kinders leer ons wanneer jy op iets hoop, kan die uitkoms net een van die twee wees. Ons doen alles in ons vermoë om teleurstelling te vermy en om vervulling te verseker. 



Dink hieroor na: Daar was eendag 'n hopelose klomp mense, en God het met hulle deur die profeet Jesaja gepraat. 



Jesaja 9:5:
"Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. 



Dit klink wonderlik, maar voeg 700 jaar se gewag daarby.



Lukas 2:12:
"... julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.” 



Van die tyd van Jesaja se voorspelling tot Jesus se geboorte het omtrent 700 jaar verloop en dan praat ons nie eens van die byna 2 000 jaar van Abraham tot by Jesus nie. 



God maak 'n belofte maar gee dit nie 'n tydlyn nie. Klink dit bekend? 



Baie van ons angs kom van ons onvermoë om geduldig te wees. Ons verwar "nog nie" met "nooit." (Daarom die teleurstelling!) 



1 Petrus 1:13b:
"... vestig julle volkome op die genade wat julle deel sal word by die wederkoms van Jesus Christus." 



Om op God te hoop is om met God geduldig te wees. Dit is om te glo dat al die feite nog nie beskikbaar is nie. Dit is om te glo dat die verhaal nog nie klaar geskryf is nie. Dit is om te glo dat daar nog iets is wat blootgestel of oopgemaak moet word. Dit is om te glo dat, nieteenstaande die gewag, daar 'n kind gebore sal word, wat die "ware God van die ware God, die Lig van die ewige Lig" is. 



Hoop kyk op na Christus — verlangend om vervul te word. 



Openbaring 22:2:
"Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die ander kant staan die boom van die lewe. Hy dra twaalf keer per jaar vrugte: elke maand lewer hy sy vrugte. Die blare van die boom bring genesing vir die nasies." 



Ons lewenspad word deur ons hoop uitgelê. Die pad is lank, maar dit lei êrens heen. 



Volgens Johannes se visioen in Openbaring, lei dit na die boom van die lewe. Soos die spreuk hier bo, sal ons verlange vervul word. Hierdie hoop sal ons nie teleurstel nie. 



Kyk hierdie vakansietyd na die toekoms wat deur God aan jou belowe is, deur te kyk na hierdie kind, wat uiteindelik hier is. Wat sien jy? Net 'n baba in 'n krip? Of 'n hout krip wat die lewe self bevat, wat vooruit wys na die uiteindelike boom van die lewe? 



Dit is hoop. 


Ek hoop jy sien dit. 


...



Gebed: 


Christus wees my hoop. Help my om U te sien. Help my kyk. 



Aktiwiteit:

Maak 'n kaart van jou lewe wat by jou vroegste hoop begin. Skryf genoeg om die gevoel te onthou, maar moenie daar vashaak nie. Wanneer jy klaar is met jou lewenskaart, skryf hierdie woorde:  Ek hoop my verlange sal in Christus vervul word.

Bedank God vir die maniere waarop Hy reeds besig is om hierdie belofte te hou. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Advent Adoration by Vertical Worship

Hoop, liefde, vrede, vreugde. Hierdie woorde word baie gedurende die vakansietyd gebruik, maar onthou ons hoekom? Die Kersverhaal is die verhaal van hoe God deur die geboorte van Jesus in die geskiedenis ingegryp het. Di...

More

Baie dankie aan Jon Guerra van Vertical Worship en Essential Worship wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https/www.verticalofficial.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid