Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 1Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

DAG 7 VAN 7

Rut 


Ek was gelukkig getroud, het 'n fantastiese werk gehad en was omring deur 'n liefdevolle gesin en vriendekring.  Alles was knus en gemaklik gewees.  Ek het 'n goeie lewe gehad.


Dit was totdat ek en my man besluit het om na 'n ander plek te verhuis sodat ek by die huis kon bly.  Nog voor ons behoorlik uitgepak het, het ons vyfjarige seun 'n beroerte gekry en het my hele lewe in 'n oogwink verander.  Skielik was my dae met hospitaalbesoeke en voltydse intensiewe sorg vir my seun gevul.  My lewe was nie meer goed en gemaklik nie.  


Ek dink Rut het dieselfde gevoel gehad. Sy was getroud en het gemaklik tussen haar eie mense gebly. Toe word sy skielik 'n arm weduwee in 'n vreemde land.  Praat van 'n lewe wat omgekeer word!


Rut het geweldige terugslae beleef. Ek sou nie verbaas gewees het as haar reaksie op die omstandighede haar selfbehep gemaak het nie. Haar gedagtes was immers gevul met diepe hartseer, woede en 'n gevoel van verlatenheid.  Om die waarheid te sê, dit kon vir haar 'n maklike uitweg gewees het toe haar skoonma, Naomi, haar seën en vir haar gesê het om na haar eie mense terug te keer.


Ek was verbaas, en ek dink Naomi ook, toe Rut gepleit het om saam met haar te gaan en haar heelhartig te volg.  Sy was getrou en vriendelik teenoor haar skoonma.  Rut het ywerig gewerk om vir hulle te sorg.  Sy het Naomi se raad gewillig gevolg.  Te midde van die tragedie sien ons hoe Rut met liefde en grasie gereageer het.  Gevolglik, is sy ryklik geseën.  Wat 'n verstommende voorbeeld om te volg.  


Die werklikheid is dat ons almal een of ander tyd in ons lewens voor moeilike omstandighede te staan kom. Of dit 'n moeilike huwelik is, 'n ernstige siek kind of die verlies van 'n geliefde.  Die verleidelike oplossing om te vra: "Hoekom ek?", of daaroor te kla en te sê: "Siestog, arme ek", kan aanloklik wees. Rut se lewe wys egter dat ons nie kan ophou lewe en die heeltyd met bitterheid en wraakgedagtes rondloop nie.  Op ons geloofspad is dit die beste om in moeilike omstandighede voort te beweeg, wat ons net met God se hulp kan doen.  Volgens Pastoor Mike Hayes, gaan dit vereis dat ons ons probleme in die gesig staar, opstaan, God se hand vat en voortbeweeg.  


Dit is nie maklik nie, maar in ons swakheid word God se krag geopenbaar.  Hy kan enige omstandigheid tot sy verheerliking gebruik.  God kan jou rou in blydskap en jou hartseer in vreugde verander.


Wat sal jou reaksie wees?  


~Joyce



Van die uitgewer:  Dankie dat jy deel 1 van Eva se Dogters lees. Ons vertrou dat jy bemoedig is deur hulle verhale. ! As jy meer te wete wil kom oor die vroue van die Ou Testament, teken in op deel 2 van hierdie leesplan: https://www.bible.com/reading-plans/9115-eves-daughters-life-lessons-women-scripture-part-2


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid