Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 1Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

DAG 4 VAN 7

Jogebed


Is jou woorde 'n inspirasie vir jou kinders? Jy mag dalk nooit weet watter uitwerking jou woorde later op jou kinders se lewens gaan hê nie.  


Ek onthou nog my pa se woorde toe hulle my die eerste keer universiteit toe geneem het: “Dit neem net 'n paar minute om jou goeie naam te verloor en jare om dit weer te herstel.”  My pa was deeglik bewus van die versoekinge wat op universiteit oor 'n jong meisie se pad kan kom.  Daardie woorde het my tot vandag toe bygebly.  


Daar is geen twyfel dat Jogebed, die moeder van Moses, ook waarheid in Moses se klein oortjies gefluister het nie.  Sy het in 'n tyd gelewe toe 'n bevel uitgevaardig is dat alle manlike Israelitiese seuntjies in die Nylrivier gegooi moes word.  Jogebed het geweet daar was iets besonders aan haar baba, want sy het gesien dat hy “nie 'n gewone kind” is nie.  Om haar seun te red uit die greep van die bose bevel, het sy hom aanvanklik vir drie maande weggesteek.  Toe het sy 'n mandjie gevleg waarin sy vir Moses gesit het en hom tussen die riete in die Nylrivier gaan wegsteek met sy sussie in die nabyheid om 'n oog oor hom te hou.  


Dieselfde rivier waarin hy veronderstel was om te verdrink, het hom nou aan sy lot oorgegee.  


Sy het vertrou dat God 'n beter plan vir haar kind het en daarom het sy in vertroue gedoen wat sy kon om hom te red ... en haar vindingryke plan het gewerk.  Trouens, daar word ook na haar verwys saam met die ander geloofshelde van die Ou Testament in hoofstuk 11 van die brief aan die Hebreërs.


Moses het in die Egiptiese paleis grootgeword, maar hy het empatie gehad met sy volksgenote — die Israeliete.  Hy het geweet hy is spesiaal en dat daar vir sy lewe 'n spesiale roeping is.  


Is dit moontlik dat Jogebed enigsins iets daarmee te doen gehad het?  Die eerste paar maande van sy lewe het Moses se ma hom teen haar bors gehou. Sy het sekerlik vir hom gebid, vir hom gesing en woorde van lewe oor hom gespreek, sonder om te weet of hy sou oorleef.  


Moses se lewe is gespaar en hy was later instrumenteel in die proses om die lewens van God se volk te red van dieselfde Egiptenare wat hom as 'n klein babatjie uit die water gehaal het.  


Jogebed het geweet haar seun is spesiaal. Ons glo dieselfde oor ons kinders en God glo dit ook.  Hy het 'n plan vir elkeen van hulle lewens.  Watter woorde spreek ons oor hulle uit?  Mag die Here gee dat dit woorde van waarheid en lewe is. Ons weet nooit waarheen daardie woorde hulle neem nie.  


~Betsy


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid