Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 1Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

DAG 3 VAN 7

Lea


Het jy al ooit verworpe gevoel? Of dat niemand vir jou lief is nie?  Jy is nie alleen nie.


Lea het daardie gevoel baie goed geken. Want, Lea het 'n suster gehad met die naam Ragel wat in die Bybel beskryf word as beeldskoon en met 'n mooi liggaamsbou.


En dan was daar Lea.


Lea word beskryf as iemand met "swak oë".   Ek is nie seker wat daarmee bedoel word nie, maar dit klink nie na 'n kompliment nie.  As ons verder oor Lea lees, dan ontdek ons dat haar lewe gekenmerk was deur 'n voortdurende gevoel van verwerping en strewe na liefde.


Dit het uiteindelik tyd geword vir Lea om te trou. Ongelukkig het die huwelik nie vir haar onsekerhede gehelp nie, dit het haar gevoel van onsekerheid net laat toeneem.


Haar pa Laban, moes haar aanstaande man, Jakob, mislei om met haar te trou.  Toe die waarheid uitkom, was Jakob woedend en Laban stem toe in dat Ragel ook met Jakob kan trou.  Kan jy jouself indink hoe vernederd en hartseer Lea hieroor moes voel?


Die Here het egter Lea se pyn raakgesien en daarop gereageer. Ragel kon nie swanger raak nie, terwyl Lea ses seuns gehad het.  Tog sien ons wanhoop by Lea met die geboorte van elke seun.


Met Ruben, haar eersgeborene, sê sy : “Die Here het my smart raakgesien. Nou sal my man my liefhê” (Genesis 29:32).   Met Simeon sê sy:  “Die Here het gehoor dat ek nie liefde ontvang nie. Daarom het Hy my hierdie seun gegee” (Genesis 29:33).   By Levi se geboorte verklaar sy: "Na hierdie keer sal my man aan my gebind wees ..." (Genesis 29:34).


Sien jy die patroon?


Iets het egter verander met die geboorte van haar vierde seun, Juda. Lea maak bekend: “Hierdie keer prys ek die Here” (Genesis 29:35).    Selfs al hunker sy na Jakob se liefde, besef Lea dat ware krag net in God alleen gevind kan word.


Ten tyde van haar dood het Jakob uiteindelik vir Lea die eer betoon wat sy verdien het. Terwyl Ragel langs die pad op die reis na Bethlehem begrawe is, is Lea in die familiegraf van Abraham by die Makpelagrot begrawe — die graf van Abraham en Sara, Isak en Rebekka en ook Jakob en Lea.


Lea se lewe met Jakob was nie die gelukkige huwelik wat sy haarself voorgestel het nie, maar God was besig met 'n baie groter plan as wat sy haarself ooit kon indink. Ragel het uiteindelik die lewe geskenk aan twee seuns, Josef en Benjamin ... maar dit was deur Lea se seun, Juda, wat die koninklike stam van Dawid gevestig is. Dit was ook die stam waaruit Jesus, ons Verlosser, gebore is.


En dan was daar Lea — die verhaal van iemand wat deur mense verwerp is, maar wat God se guns en verlossing geniet het.  


~Vijoy


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid