Leesplan inligting

Eva se Dogters - Lewenslesse Van Vroue in die Bybel - Deel 1Voorbeeld

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

DAG 5 VAN 7

Ragab 


Laat ek myself bekendstel.



Sommige mense noem my Anitha, ander noem my Anu.  Vir my man is ek babe en party vriende noem my Ma.



Dit maak nie saak hoe byname ontstaan nie. Hulle het 'n manier om met ons te wees vir die res van ons lewens.



In die Bybel ontmoet ons iemand wat dit baie beter as ons verstaan het.  Haar naam was Ragab, die prostituut.  



Ons lees van haar in Josua 2 en die leser word byna onmiddellik ingelig oor wat haar huidige beroep is. In 'n interessante wending help sy die Israeliete om haar stad, Jerigo, te verower.  Sy het die Israelitiese spioene weggesteek, die koning se wagte in 'n verkeerde rigting gestuur en sodoende die spioene gehelp om te ontsnap.



So iemand kan vir haarself aansien inwin, wat Ragab ook gedoen het.  Ongelukkig vir haar het haar ou etiket nog om haar nek gehang.



Toe Josua die opdrag gegee het dat Jerigo verwoes moet word, het hy bygevoeg dat “Ragab die prostituut en die ander in haar huis …” gespaar moet bly.  In die Nuwe Testament word sy egter saam met Abraham aangehaal as 'n voorbeeld van geloof.  Haar geloof is egter nie die enigste ding waaraan ons herinner word nie.  Daar word weer na haar verwys as “die prostituut”.  



Gelukkig het haar ou etiket nie die hele storie vertel nie.



Hierdie vrou, Ragab, is deel van die stamboom waaruit Jesus Christus, ons Verlosser en Koning, gebore is.



Dit is nou wat ek 'n radikale ommekeer noem.



Ons eie foute en misverstande kan soos 'n skandvlek aan ons name kleef. Mense kan voel hulle moet steeds na 'n negatiewe tyd in ons lewens verwys en dit is ook goed so.  Dit is egter net 'n deel van ons verhaal, nie alles nie.  Ons verhale is nog besig om geskryf te word deur 'n Skrywer wat die Eerste en Laaste is, die Alfa en Omega, die God wat ons lewens ken en ons, ten spyte van ons byname, nog steeds liefhet.



Moenie toelaat dat 'n mensgemaakte etiket jou lewenskoers bepaal nie.  Daardie etikette word gevorm deur vals, dikwels jaloerse en wispelturige mense en is van 'n verbygaande aard.  Die een oomblik is hulle nog lief vir jou en die volgende oomblik nie meer so baie nie. Miskien het jy dit al ondervind ... ek het al en weet jy wat? Jesus het ook.



Uiteindelik is dit God wat bepaal wie en wat ons is. Ons sal nooit te veel foute kan maak dat ons nie deur Hom vergewe en gebruik kan word nie. Baie plekke in die Bybel bewys dit ... en Ragab, die prostituut, het dit ook bewys.  



~ Anu


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Eve's Daughters - Life Lessons From Women In Scripture: Part 1

Ontdek hedendaagse lewenstoepassings deur die verhale van vroue in die Ou Testament. 

Ons bedank Whispers & Fringes vir die voorsiening van hierdie plan. Vir meer inligting besoek asseblief http://whispersandfringes.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid