Leesplan inligting

HoopVoorbeeld

Hope

DAG 3 VAN 3

  • As 'n mens hard aan iets werk, gaan jy meer suksesvol wees, dan nie? Verslap jy, dan sal jou resultate afneem. Ywer is die sleutel. Wat jy ook al doen, gaan voluit. Dit werk dieselfde as jy hoopvol wil wees. Jy kies getrou om te hoop, nie te vrees nie. Dit gee jou volle versekering en dis sommer ook baie lekkerder om in jou geselskap te wees!


    Hebreërs 6:11
  • Het jy al opgelet, wanneer jy onvriendelik is, is ander ook onvriendelik? Maar snaaks genoeg, as jy vriendelik is, lyk dit of jy meer vriende het. Net so is dit met God. As 'n mens God ignoreer, voel Hy vir jou ver weg. As jy God deur gebed en in sy Woord opsoek, voel Hy nader. Nou ja, dis presies hoe dit is. Hoop is net in God te vinde. Kom nader aan Hom!


    Jakobus 4:8
  • Die hoopvolste Christene is opgewonde oor die Here. Hulle is lief vir die Woord van God en daarom lees en memoriseer hulle dit. Hulle bid baie. Julle sien, dit IS die Woord van God wat hoop gee. Dit is sy verhaal. Die geskiedenis van al die vervulde profesieë wys vir ons dat God in beheer is en 'n plan het. Jy moet net volhard waarmee jy nou besig is! Hoop sal in jou binneste ontstaan!


    Romeine 15:4

Die volgende Skrifgedeeltes is in ons mobiele toepassing, Mac of Windows programme by Memlok Meer MemLok Leesplanne 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Hope

HOOP Kom ons kyk na 'n paar Bybelverse oor hoop. God wil mos hê dat jy vrede ervaar, vreesloos, vol geloof, hoop en liefde is, né? Hy wil nie hê dat jy angstig en vol kwade gevoelens moet wees nie. Skrifgedeeltes oor ho...

More

Baie dankie aan "MemLok, the Bible Memory System," vir die voorsiening van die struktuur vir hierdie leesplan. Vir meer inligting aangaande MemLok, besoek: http://www.MemLok.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid