Leesplan inligting

HoopVoorbeeld

Hope

DAG 2 VAN 3

  • Daar was tye in my lewe toe ek gedink het dinge kan nie slegter gaan nie. Dit was tye van hopeloosheid. Ek het gedink: "As dinge so voortgaan, weet ek nie of ek sal kan aangaan nie." As ek terugkyk, sien ek dinge duideliker. Hierdie ervarings het my geleer dat God in my lewe betrokke is, al kan ek dit nie sien nie. Ek sien vandag sy planne duideliker as voorheen. Dit gee my hoop! God het nog altyd omgegee en het 'n plan vir my lewe. Vertrou op God. Hy is betroubaar.


    Jeremia 29:11
  • Het jy al ooit gedink: “Niemand hou regtig van my nie; ek foeter net alles op!”? Ek weet ek het mense op my pad aanstoot gegee. Ek was vol skuldgevoelens. Ek het aan myself begin twyfel en minagting het begin posvat. Die een ding wat ek in sulke tye moet onthou, is dat God my beter ken as enigiemand anders. God het my GESKAPE. Hy het my verstand gevorm en spraak aan my gegee. Hy sal NOOIT ophou om my lief te hê nie. God is vir ewig getrou aan my. Saam met God is elke dag ‘n nuwe begin. 


    Klaagliedere 3:22-23
  • Party mense sê dalk: “Sien is glo.” Nee, dis eintlik “Glo is sien.” My geestelike oë het oopgegaan die dag toe ek in die Here, my Verlosser, Jesus Christus begin glo het. Dis nou vir jou WARE HOOP. 


    Romeine 8:24-25
  • Het jy ‘n gebroke hart of ly jy aan depressie? Ek het dit al self beleef. Dit is egter net tydelik. Jy glo dit nog net nie. Jy is nét die persoon vir wie Jesus gesalf was om te bedien! Hy is op ‘n missie. Hy het ‘n “kom-gratis-uit-die-tronk”-boodskap vir jou wat jy moet glo en ter harte moet neem. Jy sal vryheid ervaar en hoopvol wees as jy Jesus aanvaar en Hom glo!
    Jesaja 61:1
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Hope

HOOP Kom ons kyk na 'n paar Bybelverse oor hoop. God wil mos hê dat jy vrede ervaar, vreesloos, vol geloof, hoop en liefde is, né? Hy wil nie hê dat jy angstig en vol kwade gevoelens moet wees nie. Skrifgedeeltes oor ho...

More

Baie dankie aan "MemLok, the Bible Memory System," vir die voorsiening van die struktuur vir hierdie leesplan. Vir meer inligting aangaande MemLok, besoek: http://www.MemLok.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid