Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 5 VAN 15

Laat Opgedaag



Eddie, 'n uitgesproke ateïs, het sy hele lewe lank die bestaan van God ontken. Op 50-jarige ouderdom het hy 'n siekte opgedoen wat sy liggaam verswak en sy gesondheid stadig maar seker laat agteruitgaan het. Terwyl hy vir sy dood lê en wag, het Christen vriende uit sy hoërskooldae hom amper elke dag besoek. Hulle het hom weer van Christus se liefde vertel. Hoe nader Eddie egter aan sy dood gekom het, het meer het dit voorgekom asof hy glad nie in God belangstel nie.



Een Sondag het 'n predikant hom besoek. Tot almal se verbasing het Eddie saam met hom gebid vir vergifnis en redding. 'n Paar weke later is hy oorlede.



Eddie het Christus vir 50 jaar ontken en het net twee weke gehad om Hom te vertrou en lief te hê. As gevolg van sy geloof sal hy egter vir ewig God se teenwoordigheid, heerlikheid, liefde, majesteit en volmaaktheid ervaar. Sommige mag redeneer dat dit nie billik is nie. Volgens Jesus se gelykenis in Matteus 20, gaan dit nie oor billikheid nie. Dit gaan oor God se goedheid en genade (Matteus 20:11-15).



Het jy ook so 'n lang tyd gewag vir Jesus se redding, dat jy gedink het dis al te laat? Dink aan die dief aan die kruis wat in Jesus geglo het net voor sy dood (Lukas 23:39-43).



Vertrou Jesus nou en ontvang sy geskenk van die ewige lewe. Dit is nooit te laat nie! — Dave Branon



As God jou vandag roep

Vertrou dadelik op Hom

Môre is dalk te laat

As die dood jou kom haal. — Sper



Dit is baie gevaarlik om "Môre" te sê, as God sê: "Vandag!"
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid