Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 7 VAN 15

Hy Ken My Naam



Ons het by 'n groot kerk aangesluit, baie nuwe dinge geleer, by 'n kleingroepie aangesluit en die aanbiddingsmusiek geniet. Tog het ek gevoel dat daar iets was wat ek mis — die predikant het glad nie geweet wie ek is nie. Ek het verstaan dat dit vir hom onmoontlik was om elkeen van die duisende mense wat kerk toe gekom het, se name te ken.



Later het ons na 'n kleiner kerk begin gaan. Ek het 'n handgeskrewe verwelkomingsbriefie van die predikant gekry. Na 'n paar weke het pastoor Josh my op my naam genoem en oor my onlangse operasie begin gesels. Dit het goed gevoel om persoonlike aandag te kry.



Ons almal wil geken wees — veral deur God. Tommy Walker se lied "He knows my name," herinner my daaraan dat God ons gedagtes ken, van elke traan weet wat ons stort en hoor as ons na Hom roep. In die Evangelie van Johannes lees ons: "Die skape luister na die herder se stem. Hy roep sy skape op hulle name ... Ek is die goeie herder. Ek ken my skape" (Johannes 10:3,14).



Dit is geen probleem vir die skepper van hemel en aarde om 'n paar miljard mense te ken nie. God het jou oneindig baie lief (Johannes 3:16). Jy is die hele tyd in sy gedagtes (Psalm 139:17-18). Hy ken jou naam (Johannes 10:3). — Cindy Hess Kasper



God ken elke kronkelpad van my

En elke smart, pyn en seer

Sy kinders sal Hy nooit verlaat nie

Hy ken en is lief vir hulle. — Bosch



Geen Christen is anoniem vir God nie.
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid