Leesplan inligting

Ons Daaglikse Brood 15-dae UitgaweVoorbeeld

Our Daily Bread 15-Day Edition

DAG 9 VAN 15

Die Pynmasjien



Dr. Paul Brand was 'n mediese sendeling in Indië. Hy vertel van melaatses wat misvorm was omdat hulle senuwees nie pyn kon registreer nie. Hulle het nie gevoel as hulle in 'n vuur getrap het of hulle vinger met 'n mes gesny het nie. Hulle wonde is onversorg gelaat. Dit het infeksie en misvorming veroorsaak.



Dr. Brand het 'n masjien gemaak wat 'n geluid maak as hulle in aanraking sou kom met vuur of skerp voorwerpe. Dit het 'n waarskuwingstoon gegee as iemand seergekry het sonder om pyn te voel. Die masjiene is aan die pasiënte se vingers en voete vasgemaak. Dit het goed gewerk, maar net totdat hulle korfbal wou speel. Hulle het die masjien afgehaal en dikwels beserings opgedoen sonder om dit te voel.



Net soos ons lyf ons teen fisieke pyn waarsku, is ons gewete 'n geestelike alarm. Herhaaldelike sonde sonder berou, kan ons gewete doodmaak (1 Timoteus 4:1-3). Ons moet op die pyn van skuldgevoel reageer sodat ons 'n skoon gewete kan behou. Ons moet ons sonde bely (1 Johannes 1:9), berou toon (Handelinge 26:20) en regstel wat ons verkeerd gedoen het (Lukas 19:8). Paulus kon met selfversekering sê: "Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ’n skoon gewete voor God en die mense te hê" (Handelinge 24:16). Net soos hy, moet ons ook nie toelaat dat ons God se stem uitdoof nie, maar toelaat dat Hy ons aan ons sonde herinner sodat dit 'n goddelike karakter in ons kan kweek. — Dennis Fisher



My gewete moet goed ingelig wees

Omtrent God se heilige Woord

Gewete kan misvorm word

As goeie standaarde in die wind geslaan word. — Fraser



'n Skoon gewete is 'n sagte kussing.
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Our Daily Bread 15-Day Edition

Ons wil jou aanmoedig om 'n daaglikse, intieme en noue verhouding met God aan te knoop. Ons Daaglikse Brood bied miljoene lesers wêreldwyd die geleentheid om hulle stiltetyd met dagstukke van toewyding te verryk. In net ...

More

Baie dankie aan Ons Daaglikse Brood wat hierdie leesplan verskaf het. Lees hier vir meer inligting: www.odb.org/app

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid