Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 4 VAN 13

In 2 Konings 3 is ʼn fassinerende verhaal waar die drie konings van Israel, Juda en Edom kragte saamgesnoer het om ʼn oorlog teen Moab te voer wat hulle gedink het hulle maklik sal kan wen, maar na sewe dae het dinge nie verloop soos beplan nie en daar was geen water meer vir die manskappe en diere nie. Die konings het toe vir Elisa gevra om hulle te help. Elisa sê toe alhoewel hulle nie wind of reën sal sien nie, sal daar die volgende dag damme en damme water staan en die vallei so vol water word dat hulle troepe en hulle vee kan drink. Dan sal God vir Moab in hulle hande oorgee. Vir die Moabiete het die water rooi soos bloed gelyk en hulle het gedink die Israelitiese konings het onder mekaar begin veg. Daardie dag het die Israeliete hulle aangeval, verslaan en Moab verwoes.



Die verhaal gaan alles oor geloof. Slegs God kan die water stuur, maar Hy wil hê dat jy die slote moet grawe. As jy 'n bietjie water in jou lewe wil sien, grawe ʼn sloot. Ware geloof werk en glo groot, maar jy moet bereid wees om klein te begin. Die grootte van jou visie intimideer God glad nie. Baie mense dink nie groot genoeg nie en selfs nog meer wil nie klein begin nie. Hoe grawe jy ʼn sloot? Neem jou “graaf” en grawe die grond met een “graaf vol” op ʼn slag. Jy kan nie verwag dat God aan jou groot dinge moet gee as jy nie klein wil begin nie. Glo groot, maar begin klein. Sit jou geloof in aksie deur ʼn paar slote te grawe. Watter groot visie het jy waarmee jy God se hulp nodig het om dit te bereik? Watter slootjies het jy nodig om te grawe om die proses te begin om daardie visie ʼn werklikheid te maak?
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid