Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 9 VAN 13

Dit kom voor of Elisa se lewe vol vreemde en ongelooflike oomblikke was. Een van die vreemdste oomblikke kom in 2 Konings 6:1-7 voor. In hierdie gedeelte vind ons ʼn groep profete besig om bome met byle af te kap om nuwe huise daarmee te bou. Een van die profete verloor die kop van sy byl in die water en hy raak ontsteld omdat dit geleen is. Elisa reageer deur ʼn stok te neem en dit op die plek in die water te gooi waar die bylkop ingeval het. Onmiddellik dryf die byl se kop weer op die oppervlak. Wanneer jy vir die eerste keer hierdie verhaal lees, mag dit voorkom of daar geen doel is nie, maar daar is baie om uit hierdie verhaal te leer. God gee om vir wat jy verloor het. Geen saak is vir ons God te klein nie, selfs nie ʼn verlore bylkop nie.



Wat het jy verloor? Het jy ʼn seën, ʼn verhouding, vrede, finansiële standvastigheid, jou reputasie of enigiets anders verloor? Die goeie nuus is dat God so baie omgee vir wat jy ook al verloor het, dat Hy jou kan help om dit terug te kry. God kan jou help om te vind wat jy verloor het deur te begin soek waar jy dit verloor het. Gaan terug na waar jy die spoor byster geraak het en laat God toe om jou weer op die spoor terug te help. Dit mag dalk vir jou nodig wees om met iets op te hou en iets anders te begin. Jou bylkop is nie weg nie, dis net waar jy dit gelos het. God kan swaartekrag oorkom om dit aan jou terug te gee. Wat het jy verloor wat God jou moet help herwin? Hoe sal jy te werk gaan om dit te doen?
Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid