Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 13 VAN 13

Wanneer Elisa sy einde in 2 Konings 13:10-21 nader, vind sy ongelooflikste wonderwerk plaas. Dit het gebeur nadat Elisa gesterf het en begrawe is. Moabitiese plunderaars het Israel aangeval terwyl sommige Israeliete besig was om ʼn man te begrawe. Die aanval het hulle waarskynlik verras, maar hulle het vinnig gereageer en die man wat hulle besig was om te begrawe, sommer in Elisa se graf gegooi. Toe die dooie man in aanraking kom met Elisa se beendere, het hy lewendig geraak. Selfs in die dood het God voortgegaan om Elisa te gebruik as ʼn kanaal om ander in nood te help en om bonatuurlike dinge in die lewe van ander te doen. Elisa was ʼn profeet wie se geloof, gehoorsaamheid, medelye en dapperheid onoortreflik was. Of dit nou was om die bylkop te laat dryf, sy ploeg te verbrand in gehoorsaamheid aan Elía se roeping, of om na sy heengaan ʼn dooie man terug te bring na die lewe, is Elisa sonder twyfel een van die onvergeetlikste persone in die Bybel.



Dit is tyd om so ongelooflik soos Elisa te raak. Dit is tyd om risiko's te neem en besluite te neem wat die wêreld dalk nie verstaan nie. Elisa is ʼn volmaakte voorbeeld van hoe die lewe kan lyk as jy oorgee en besluit om in sulke geloof te lewe. Wanneer jy oorgee en alles vir God gee, kan Hy die wonderlikste dinge in jou lewe doen wat jy nooit kon dink moontlik is nie. Dit hang alles van jou af. Watter stappe moet jy neem om die soort geloof te hê wat Elisa gehad het?
Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid