Leesplan inligting

Elisa: Die Verhaal Van Ongelooflike GeloofVoorbeeld

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

DAG 2 VAN 13

In 2 Konings 2:1-18 sien ons Elisa se ongelooflike en voortdurende toewyding aan God. Voor Elia in die hemel opgeneem is, is hy deur God geroep om na Bet-El te gaan en hy vra vir Elisa om agter te bly. Elisa is egter so toegewyd om God te dien dat hy Elia se versoek weier en saam met hom na Bet-El gaan. Hierdie toewyding was nie ʼn eenmalige gebeurtenis nie, want Elisa het God getrou gedien tot die dag van sy dood. Hy was die ware definisie van wat dit beteken om ten volle aan God toegewyd te wees. Hoe verbind is jy aan God? Is jy ten volle toegewyd of is jy net toegewyd wanneer dit vir jou gerieflik is?
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Elisha: A Tale Of Ridiculous Faith

Elisa is een van die mees fassinerende mense in die Woord van God. Hy was 'n profeet wie se geloof en wonderwerke amper belaglik voorgekom het. Gedurende hierdie 13-dag leesplan sal jy oor die lewe van Elisa lees en uit ...

More

We would like to thank Pastor Craig Groeschel and Life.Church for providing this plan. For more information, please visit: www.Life.Church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid