Leesplan inligting

Building 429 - Ons Sal Stewig StaanVoorbeeld

Building 429 - We Won't Be Shaken

DAG 7 VAN 7

 


Steek Weer 'n Vuur Aan Die Brand


Ons was baie besig met toere deur Kanada. Na vier opvoerings moes ek sonder enige slaap deur die nag bestuur tot by Ottawa en van Kanada na Miami toe vlieg. Daarna het ek na Haiti vir drie dae gegaan, weer terugvlieg en toe die pad gevat om in nog 'n klomp konserte te gaan speel. Ek was werklik uitgeput. Ek was reeds al twee keer in Haiti, en die laaste keer was 'n groot ramp. Daar was 'n oproer aan die gang en ons was vir 'n paar weke daar vasgeval. Vir 'n paar dae het ons in 'n kas in iemand se huis weggekruip. EK WOU NIE teruggaan Haiti toe nie. Daar het ek die ergste gebeure gesien. Ek het op die vlug aan die slaap geraak toe ek die lirieke van "Set a Fire" hoor. Op daardie stadium was dit nog nie klaar nie. Dit het my soos 'n skoot koue water getref toe ek besef ek is op pad terug Haiti toe sodat God my hart weer aan die brand kan steek. Hy moes die passie in my hart vir ander se pyn weer wakkermaak. Ek was so besig om my eie lewe te leef, dinge te reël wat gedoen moes word, dat ek die vuur en begeerte binne my verloor het om die stem vir daardie mense te wees. Ek was so besig om 'n stem te wees dat ek vergeet het om 'n HART TE WEES.


Ek het vergeet waarom ek doen wat ek doen. Ek was so gebreinspoel met die werk wat gedoen moes word, dat ek die werk toegelaat het om die DOEL te wees en nie die MIDDELE nie. Dit is goed om te werk, maar dis nét die MIDDELE om die DOEL te bereik om die waarheid van JESUS CHRISTUS, die Een wat die wêreld kom red het met ander te deel.


Was jy al op daardie punt? Is jy dalk vandag daar? Hou op. Bid. Vra die Here om jou oë oop te maak sodat jy kan sien jy is so besig om te werk dat jy die geleentheid misloop om deel te wees van die proses om die GEVANGENES TE BEVRY!



Om na al "Building 429" se musiek te luister op "The Overflow" besoek gerus http://oflow.it/00ne/egK4quZffw


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Building 429 - We Won't Be Shaken

Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong e...

More

We would like to thank Building 429 and The Overflow for providing this plan. For more information, please visit: www.theoverflow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid