Leesplan inligting

Building 429 - Ons Sal Stewig StaanVoorbeeld

Building 429 - We Won't Be Shaken

DAG 1 VAN 7

 


 


Ons Sal Stewig Staan


Die eerste konsert waar ons hierdie jaar opgetree het, was by 'n fondsinsameling vir die Sandy Hook Laerskool ten bate van almal wat familielede gedurende die skietery aan die dood afgestaan het. Dit het my hartsnare geruk. Daar was 10 000 mense saam met die families wie se kinders vermoor is. Met die verloop van die aand, was dit duidelik … God se wil het geskied.


Wat nie aan die begin so duidelik was nie … wat was ons veronderstel om te sê? Wat sou te veel wees en wat sou te min wees? In die kleedkamer was daar 'n gevoel van eenheid. Ons was almal seker dat God daar sou wees, maar niemand het geweet hoe nie. En verder … Hoe sal hulle reageer? Hoe benader ons dit?


Die manier wat God werk is tog interessant. Ons dink ons moet al die antwoorde hê … maar dit is waar ons verkeerd is. Dit gaan nie daaroor om die perfekte preek te beplan nie, dit gaan meer daaroor om terug te tree en Hom toe te laat om te beweeg. “Vra, en vir julle sal gegee word; soek, en julle sal kry …” dit was my grootste gebed vir hierdie nie-godsdienstige platform. “Here, maak hulle harte oop … Laat hulle vanaand bereid wees om te klop.”


Nietemin … moet nooit twyfel dat jy 'n kanaal kan wees wat God in die donkerste oomblikke in iemand anders se lewe kan gebruik nie. Onthou net daar word vir ons gesê: “Vertrou volkome op die Here en moenie op jou eie insigte staatmaak nie. Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.” Spreuke 3:5-6.


Miskien verstaan jy nie, maar jy kan vertrou. Miskien is jy bang om saam met die gebrokenes van hart te sit en huil, maar jy kan jou aan sy wil onderwerp. Dit gaan nie oor jou nie … jou antwoorde, jou gedagtes nie … Syne is soveel hoër as ons s'n … dus, VERTROU OP GOD en wees wie Hy jou geroep het om te wees: Sy hande en voete.


Solank ons lewe, sal ons daardie aand altyd onthou … ons hoop en bid dat die impak steeds daar talm. Ons hou aan bid vir Newtown, CT en al het ons nie al die antwoorde nie … ken ons die Een wat weet. Staan vas in jou geloof … Veg vir wat reg en eerlik is … Moenie gaan lê nie, moenie opgee nie … Ons God sal die finale oorwinning behaal. Ons strydkreet is die volgende:


Psalms 62:2-3


"Net by God vind ek rus, van Hom kom my redding. Net Hy is my rots en my redding, my veilige vesting, sodat ek vas en STEWIG STAAN."


Luister na die album "We Won't Be Shaken" op "The Overflow" Christelike musiekdiens: http://oflow.it/00ne/G4Et0xZffw


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Building 429 - We Won't Be Shaken

Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong e...

More

We would like to thank Building 429 and The Overflow for providing this plan. For more information, please visit: www.theoverflow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid