Leesplan inligting

Building 429 - Ons Sal Stewig StaanVoorbeeld

Building 429 - We Won't Be Shaken

DAG 2 VAN 7

Druk Deur



Het jy al ooit 'n gebed gebid wat God met 'n galmende ja beantwoord het? Het jy al ooit gesê: “Vader as dit gebeur, sal ek dat doen?” Ja, ek ook … ha ha! Dis 'n bietjie laf, maar kom ons wees eerlik, ons het dit almal al een of ander tyd in ons lewens gedoen. Die laaste keer wat ek dit gedoen het was toe ons die plaat “Listen to the Sound” gemaak het. Ek het pas die posisie as aanbiddingspastoor aanvaar, en was meer as gereed om minder te toer. Na 10 jaar van rondtoer, was ek uiters moeg daarvoor en baie skepties of God my nog op die pad wou hê. Ek het dus 'n paar eenvoudige gebede gebid.



“Vader, ek is reg om met U en u planne weg te spring, maar ek het bevestiging nodig vir wat U in my lewe wil doen. Ek is tans besig met hierdie plateooreenkoms en ek het ook nog my posisie by die kerk … Ek is nie seker hoe om albei gelyktydig te hanteer nie. Ek sal dus vreeslik dankbaar wees as U my 'n aanduiding kan gee watter pad om te volg.” NIKS. Na 'n rukkie het ek besluit om dit vir HOM makliker te maak deur 'n paar belaglike versoeke aan Hom te rig wat net God kan laat gebeur … dit sal dus makliker wees … as dit nie gebeur nie, sal ek die toere en plateooreenkomste beskou as in die verlede:



1. Vader, ons moet 'n rockgroep wees wat elke aand op die pad 'n geweldige uitwerking het sodat ek nie voel ek mors my tyd wat ek eerder saam met my kinders kon gewees het nie.



2. Vader, een van ons liedjies MOET 'N ONTEENSEGLIKE INVLOED regoor die wêreld hê.



Ek was seker ek het "Building 429" se lot verseël, want daar is nie 'n manier wat enige van die twee sou plaasvind nie.



Toe gebeur WINTERJAM 2012! Waarom op dees aarde vra hulle ons om hierop te gaan … vir meer as ses jaar was ons nie meer aktief besig nie …. Dit maak nie eens sin nie, maar nou ja.



Toe gebeur dit dat tussen 15 000 en 20 000 mense ons liedjies uit volle bors sing.



Dit is opgevolg deur “Where I belong,” die liedjie wat die langste nommer een in die geskiedenis van reklamebordtreffers was.



Toe kom die openbaring …. Ek was doodbang, want ek was nie seker of dit die antwoord was wat ek wou hê nie. Wat van my kinders? Wat van my vrou? Wat van my kerk?



Was jy al ooit in so 'n posisie??? Aan die verkeerde kant van 'n gebedsversoek, wat jy gehoop het ander resultate sou hê?



Wat van Paulus?



Hy was daarop gefokus om te doen waarvoor hy geroepe was, nie net die "REGTE" ding nie. Nee … waarvoor hy geroepe was, ongeag die koste. Die "regte" ding sou moontlik nie tronkstraf ingesluit het nie … Kom ons wees eerlik, as hy versigtiger was met wat hy gesê het en waar hy dit gesê het, sou hy in die eerste plek nie in die tronk beland het nie. Aan die ander kant, sou ons sonder die tronk dan dieselfde wonderlike waarhede in die Skrif gehad het?



"Broers, ek verbeel my nie dat ek dit alles al het nie. Maar een ding doen ek: ek maak my los van wat agter is en strek my uit na wat voor is." Filippense 3:13



Wat vra God jou om te laat vaar? Watter mislukking? Watter sukses?



God roep ons NOU … nie LATER nie … NOU … nie MÔRE nie. Hy roep ons om tot aksie oor te gaan, om te vertrou, om te glo dat sy genade genoeg is.



Ek hou vreeslik baie van hierdie reëltjie: Dit maak nie saak waarheen ek gaan nie, solank ek saam met U gaan … sal ek deurdruk . Om die waarheid te sê, ek het die lirieke geskryf net nadat God my gebed verhoor het op die manier wat ek nie wou hê hy moes nie. My eie persoonlike tronk, my vrese wat my bekruip … en dan God se GENADE wat die vlamme van my vrese blus soos 'n oseaan oor 'n kers. Dus … DRUK DEUR!



Luister na die album"We Won't Be Shaken" op "The Overflow"
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Building 429 - We Won't Be Shaken

Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong e...

More

We would like to thank Building 429 and The Overflow for providing this plan. For more information, please visit: www.theoverflow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid