Leesplan inligting

Building 429 - Ons Sal Stewig StaanVoorbeeld

Building 429 - We Won't Be Shaken

DAG 4 VAN 7

Beste en Slegste




As jy nog nie die verhaal van Job gelees het nie, moet jy dit doen. HOEKOM? Want dit is ons. Job is ek en jy … Wel, dalk is hy darem beter as ek en jy. Hy was die gelowigste man in die hele land … en die Satan het besluit om 'n stryd met God te begin. God het gesê: “Job is my dienaar." Hy is my Michael Jordan … hy is vroom en opreg … maar toe sê die Satan: “Goed, so die weddenskap is aan?” God sê: “Ja, maar net aan Job self mag jy nie raak nie.”



Ek waag dit om te sê: NIEMAND WIL JOB WEES NIE. Kan jy jou indink? Hy werk sy hande stompies om sukses te behaal en dan ewe skielik is alles wat hy liefhet, alles waarvoor hy gewerk het net WEG … sonder 'n “REDE” … net WEG.



Job beleef 'n hele reeks emosies. Oor 35 hoofstukke bly hy vol vertroue. Dan begin hy twyfel en bevind homself van aangesig tot aangesig met die almagtige God wat hom vra wie hy dink hy is? Aan die einde van die boek, leef Job vir nog 140 jaar en kry hy nog seuns en dogters … maar hy moes tog seker gewonder het … REGTIG VADER?? WAAROOR HET DIT GEGAAN?



Skuif duisende jare vorentoe en lees weer die boek JOB. Ek waag dit om te sê jy sal weet waaroor dit gegaan het. Job se verhaal is dié verhaal om na toe terug te keer in die geskiedenis van God se KONINKRYK … Vir inspirasie, hoop, twyfel en vir God se eer. Wat dus van ons? Ons beproewings, verdrukking, suksesse en mislukkings? Ja, ons verhale maak saak … Ons kort 75 jaar op hierdie planeet is deel van 'n meesterstuk wat oral om ons ontvou. Jy sien, net soos JOB, verstaan jy dalk ook nie “HOEKOM” nie. Die beste en die slegste oomblikke van jou verhaal is ingeweef in die tapiserie van God se liefde en getrouheid. Jy sien dit dalk nie raak nie, want jy is net 'n stukkie garing … maar as jy 'n tree kan terugneem en die hele tapiserie kan raaksien, sal jy besef waar jy jou knie nerfaf geval het, voltooi dit die perfekte rooi in die middel van God se hart. Of dat daardie oomblik wat jy gewen het, kleur die goue randjie om sy kroon. Jy sien, die beste en die slegste dele van jou sal sigbaar word op die perfekte plek, op die perfekte tyd in die koninkryk van GOD … dit neem dalk nog 'n jaar of nog 6 000 jaar … Maar eendag sal ons sien, net soos JOB gesien het, ons is nie hier om GOD te bevraagteken nie, maar om Hom te vertrou. Ek wonder wat JOB selfs vandag dink …. Ek is seker hy glimlag en sê: “Reg so … Ek verstaan nou … Daardie lyding was die perfekte kleur om u hande te vertoon wat NOOIT LAAT LOS NIE”




Wat die vraag beklemtoon … Wie is ons om in God te twyfel?




Luister na die album'We Won't Be Shaken' op The Overflow
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Building 429 - We Won't Be Shaken

Die Dove-bekroonde Christelike rockgroep "Building 429" het met "The Overflow Devo" saamgespan om 'n 7-dag leesplan vir YouVersion te skryf. In hierdie leesplan bespreek die hoofsanger, Jason Roy, die Bybelse oorsprong e...

More

We would like to thank Building 429 and The Overflow for providing this plan. For more information, please visit: www.theoverflow.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid