Leesplan inligting

Kaalvoet Op Heilige GrondVoorbeeld

Kaalvoet Op Heilige Grond

DAG 6 VAN 6

6 Die een ding wat ons bo alles nodig het

“Toe het Hy die mense geleer en vir hulle gesê: ‘Staan daar nie geskrywe: ‘My huis sal 'n huis van gebed vir al die nasies wees’ nie? Maar julle het dit 'n rowersnes gemaak'" (Markus 11:17). Sy huis, het Jesus gesê, sal 'n plek van gemeenskap wees en ‘n plek om Hom op te soek. Dit sal 'n plek wees waar gebid word vir die redding van nasies. Ongelukkig het dit in soveel plekke in 'n rowersnes ontaard. 'n Plek waar dit meer oor goud gaan as oor God, of die redding van nasies. Ons word rowers en maak die kerk 'n rowersnes as ons meer begaan is oor wat ons daaruit kan kry, eerder as wat ons bereid is om op te offer en ons lewe neer te lê.

Rowers kom om te vat. Aanbidders kom om te gee.

God het Moses op hierdie selfde punt getoets: “Gaan dit oor jou, Moses, en wat jy daaruit kan kry? Of gaan dit oor My?" “Moses het toe vinnig gebuig in eerbied en gesê: 'As ek u goedgesindheid geniet, Here, moet U saam met ons wegtrek. Al is die volk moedswillig, moet U ons ongeregtigheid en sonde vergewe. Laat ons tog u volk bly, u eiendom” (Eksodus 34:8b,9 NLV).

“Hy vra toe vir Moses: ‘Moet Ek dan self saamgaan sodat jou hart kan rus?’

Moses sê vir Hom: ‘As U nie self saamgaan nie, moet U ons nie eers ’n tree van hier af laat beweeg nie. As U nie saam met ons gaan nie, waaraan sal dit duidelik wees dat U vir my en u volk lief is? Hoe anders sal dit duidelik wees dat U anders oor ons voel as oor die ander volke op aarde?’” (Eksodus 33:14-16, NLV). God het Moses se hart getoets. Het dit gegaan oor dit wat tot sy voordeel was? Om God se beloftes in besit te neem sonder Hom? Of was Moses se hart vas aan sy hart en Wie Hy is? Moses se keuse was baie duidelik: “Ek verkies eerder die woestyn saam met Hom, as om die beloftes in besit te neem sonder Hom.” Die vraag wat ons almal moet beantwoord, is: Gaan dit oor Hom of oor die voordele wat ons kan kry om Hom te dien?

Toe die Here aan Gideon verskyn het, het Hy hom gegroet met die woorde: “Die Here is by jou, dapper man!” (Rigters 6:12). Dit is asof God gesê het: “Gideon, die belangrikste aspek wat jy nodig het om die vyand te oorwin, is my voortdurende teenwoordigheid.” Net soos Gideon, soek ons egter na iets anders. Ons oë is blind vir dit wat ons werklik nodig het. Ons het Hóm nodig! Ons het sy teenwoordigheid nodig. In plaas daarvan vra ons dieselfde vrae as Gideon. As die Here met ons is, hoekom sukkel ons? Waar is die wonderwerke? Waarom het die vyand die oorhand? (vgl Rigters 6:13).

Gideon se antwoord weerspieël ons eie hart. Ons wil dinge hê. Ons wil antwoorde hê. Ons wil oorwinnings hê. Ons meet sy blywende teenwoordigheid aan hierdie dinge. Ons is nie tevrede met Hom alleen nie! Ons meet sy seën aan materiële dinge en noem dit seëninge. Die onderskeidende teken is egter sy teenwoordigheid. Dit is sy teenwoordigheid wat ons sy persoonlike eiendom maak. Dit is sy teenwoordigheid wat ons anders maak.

Besoek “Barefoot in His presence” se Linktree vir boek/eBoek bestellings, Kleingroep Video-reeks, ens — https://bit.ly/4bUhya8

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Kaalvoet Op Heilige Grond

'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val...

More

Ons wil graag Barefoot Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/4bUhya8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid