Leesplan inligting

Kaalvoet Op Heilige GrondVoorbeeld

Kaalvoet Op Heilige Grond

DAG 2 VAN 6

2 Laat u koninkryk kom

God se koninkryk kan beskryf word as die kultuur van die hemel. Kultuur is die lewenswyse van 'n spesifieke volk. Dit is die idees, tradisies en sosiale gedrag van 'n spesifieke volk.

In die hemel gaan álles oor God. Hy sit op die troon. Hy regeer deur die Woord wat uit sy mond gaan. In die hemel dra sy Woord absolute gesag. Sy troon word omring deur engele wat Hom aanbid. Hierdie engele word sy boodskappers, soos Hy hulle stuur om sy seuns en dogters te dien.

Jy kan nie toegang tot die koninkryk kry of dit ervaar sonder 'n koninkrykdenkwyse nie. ‘n Koninkrykdenkwyse vereis berou vir sonde. Beide Johannes die Doper asook Jesus se boodskap was: "Bekeer julle, want die koninkryk van God is naby"(vgl Matteus 3:2 en 4:17).

Bekering is die pad tot ‘n sagte hart deur bedroef te wees oor jou sonde. Dit is om voortdurend jou denke op te gradeer sodat dit in lyn kom met die denke, wil en plan van God. Die toestand van jou hart sal bepaal hoe ver en diep jy in jou verhouding met Hom kan gaan. Die pottebakker werk die beste met sagte klei. Hou jou hart sag en teer.

Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe" (Spreuke 4:23 Afr 53).

Saad ontkiem die beste in grond wat goed voorberei is, en deurweek is met reënwater. Net so is ’n koninkryklewe slegs moontlik waar die Heilige Gees werk. Vernuwing en verandering is slegs moontlik deur 'n diep werking van sy Heilige Gees.

“... en niemand kan sê: ‘Jesus is die Here’ nie, behalwe deur die Heilige Gees.” (1 Korintiërs 12:3b)

‘n Diep werking van die Heilige Gees verander ons, en bring ons op ‘n plek waar ons buig voor sy gesag.

Die Heilige Gees stel ons in staat om Hom te ken! "En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is" (Johannes 17:3).

Dit gaan daaroor om Hom diep en intiem te ken. Daaruit vloei Heilige Gees-lewe.

Goue kalf-aanbidding is wanneer ons 'n god vir onsself skep soos ons wil hê hy moet wees. Ons buig neer en aanbid die god wat ons geskep het, want hy is presies wat ons wil hê. Goue kalf-aanbidding is direk in teenstelling met die ware aanbidding van JHWH, ons God.

Jerobeam het koning geword van die noordelike tien stamme. Sy uitdaging was dat die volk van God drie keer per jaar in die tempel in Jerusalem, wat in Juda in die suide was, voor Hom moes verskyn. Jerobeam het "by homself gedink" (vgl 1 Konings 12:26) dat sy mense lojaal aan die koning van Juda sou word, teen Jerobeam sou draai, en hom uiteindelik sou vermoor. Jerobeam het die Here nie geraadpleeg nie.

Sy oplossing vir hierdie probleem was om twee goue kalwerbeelde te laat maak. Hy het vir sy mense gesê: "Nou hoef julle nie die moeite te doen om na Jerusalem toe te gaan nie."

Die hart van goue kalf-aanbidding is:

• Om dit vir mense makliker te maak

• Kompromie

• Misleiding

Dit het egter vir Jerobeam duur gekos – hy het uiteindelik alles verloor!

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Kaalvoet Op Heilige Grond

'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val...

More

Ons wil graag Barefoot Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/4bUhya8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid