Leesplan inligting

Kaalvoet Op Heilige GrondVoorbeeld

Kaalvoet Op Heilige Grond

DAG 5 VAN 6

5 Laat u Naam geheilig word

In Genesis 22 lees ons dat God vir Abraham sê om sy seun Isak, as brandoffer te offer. Abraham was onmiddellik gehoorsaam. Op die derde dag van die reis om sy seun te gaan offer, het God aan Abraham die presiese berg gewys waar die offer moes plaasvind.

"‘Bly ’n bietjie hier by die donkie,’ sê Abraham vir die slawe. ‘Ek en die seun sal ’n entjie verder gaan. Ons sal daar aanbid en dan terugkom’” (Genesis 22:5, NLV). Aanbidding, volgens Abraham, is om sy seun as 'n brandoffer te offer. Aanbidding is gehoorsaamheid aan God se stem, om sy leiding te volg en om Hom te vertrou. "Dan sal ons terugkom," het hy gesê. Het Abraham gejok? Hy het dan geweet dat God wou hê dat hy sy seun as 'n brandoffer moes gee. Abraham het twee dinge oor God geglo:

Eerstens het Abraham in God geglo wat “dinge wat nie bestaan nie, tot stand bring deur sy woord” (Romeine 4:17b). Abraham het geglo dat God sou voorsien, selfs met iets wat nie bestaan nie. Hy het geglo dat God 'n offerlam in die plek van Isak sou voorsien.

En hy (Isak) sê: 'Hier is die vuur en die hout, maar waar is die lam vir 'n brandoffer?' En Abraham antwoord: 'God sal vir Homself die lam vir 'n brandoffer voorsien, my seun” (Genesis 22:7b-8a).

“Waar is die lam?” het die seun gevra. Abraham het in geloof geantwoord: “My seun, God sal vir Homself die lam voorsien.” Terwyl Abraham by die berg opgestap het, het hy vertrou vir ‘n Goddelike ingryping.

Tweedens het Abraham van God geglo: "Hy is immers ’n God wat dooies lewendig maak" (Romeine 4:17b, NLV). Abraham het geglo dat God sy seun uit die dood sou opwek. Abraham was die eerste mens wat geglo het in die opstanding uit die dood. Toe hy op die punt was om die hoofslagaar van sy seun te sny, het God ingegryp en vir hom gesê om te stop!

“Toe Abraham weer kyk, sien hy agter hom 'n skaapram wat aan sy horings in 'n bos vasgevang is. Hy het die ram gaan vat en hom in die plek van sy seun as brandoffer geoffer. Toe noem Abraham die plek: ‘Die Here voorsien.’ Daar word nou nog gesê: ‘Op die berg van die Here word voorsien’” (Genesis 22:13,14). God het 'n lam voorsien! 2 000 jaar later het 'n Seun ook dieselfde berg saam met sy Vader opgegaan. Hierdie keer was die Seun die offer. Dit was nie 'n kleedrepetisie nie. Hierdie keer was dit werklik. Terwyl die Seun geoffer is, het Hy uitgeroep: “Eli Eli, lama sabachthani?” (My God, my God, hoekom het U my verlaat?) God het in die mens se grootste nood 'n Verlosser voorsien wat die sondes van die wêreld kon wegneem!

“Hy het sy eie Seun nie gespaar nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red. Sal Hy ons dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?” (Romeine 8:32). Die Seun is die waarborg dat Hy vir ons alles wat ons ooit nodig mag hê, sal voorsien.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Kaalvoet Op Heilige Grond

'N VUUR WAT AANHOU BRAND. Dit is die wyse waarop God Homself aan Moses openbaar het. God betrek mense by wat Hy beplan en doen. Hy het uitgereik na Moses wat, soos ek en jy, by 'n vorige geleentheid die stokkie laat val...

More

Ons wil graag Barefoot Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://bit.ly/4bUhya8

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid