Leesplan inligting

Volg Die Leier, Word 'n Beter DissipelVoorbeeld

Follow The Leader, Becoming A Better Disciple

DAG 5 VAN 7

 


DEERNIS

Liefde begin met deernis, gevoel vir ander mense selfs wanneer jy nie saam met hulle kan voel nie. Jy hoef nie saam te stem met wat iemand sê of doen om vir hulle te voel nie. Al wat jy hoef te doen, is om hulle deur die oë van Jesus te sien. Wanneer jy dit doen, sal jy mense sien wat worstel teen hulle eie sondige natuur, net soos jy. Jy sal mense sien wat 'n verhouding met die Vader nodig het, net soos jy — of hulle verlore is en nog hul geloof vir redding in Jesus moet plaas, of reeds gered is, en bloot die soort pyn en frustrasie beleef wat spruit uit ongehoorsaamheid aan God.


As jy sukkel om medelye met mense te hê, laat God toe om net vir 'n oomblik jou te wys of te herinner waar jy sonder Hom sou wees; sonder die vrede wat voortspruit uit die regte verhouding met Hom; sonder die belofte van die Hemel; sonder die Heilige Gees se gerusstellende teenwoordigheid in jou hart, wat jou lei, jou leer, jou vertroos.


Of jy nou in staat is om die soort deernis vir mense bymekaar te skraap wat Jesus gevoel het, of nie, jy is steeds verantwoordelik om hulle lief te hê soos Jesus hulle liefgehad het — om barmhartigheid en genade te betoon in die vorm van ”agape” liefde, liefde wat niks met die verdienste van die ontvanger te doen het nie, maar met die eerbare bedoelings van die gewer.


Is jy onseker oor hoe om dit te doen? Kyk na God se voorbeeld. Hy het "agape" liefde aan ons getoon deur sy Seun Jesus te stuur om in ons plek te sterf. Ons het geen verdienste gehad nie; ons was sondaars. Aangesien Hy heilig en volmaak is, was sy bedoelings eerbaar — ons verlossing tot sy eer. Hy het genade bewys, ons beter behandel as wat ons verdien het om behandel te word, barmhartigheid getoon, en die straf wat ons verdien het, op sy Seun laat neerkom.


Doen net dieselfde. Behandel mense beter as wat hulle verdien om behandel te word, weerhou jou oordeel en laat God toe om harte te bewerk.


 


  • As God jou behandel het soos jy verdien om behandel te word, waar sou jy wees?
  • Het jy ander lief soos God jou liefhet?

 


Lees Matteus 9:35-37 en Johannes 13:34-35.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Follow The Leader, Becoming A Better Disciple

Verlossing gaan oor redding.  Christenskap gaan oor gehoorsaamheid en die laasgenoemde is 'n bewys van die eersgenoemde (1 Johannes 2:3). Noem jy jouself 'n Christen?  Volg dan vir Jesus.  Gehoorsaam.

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.bgco.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid