Leesplan inligting

Volg Die Leier, Word 'n Beter DissipelVoorbeeld

Follow The Leader, Becoming A Better Disciple

DAG 1 VAN 7

 


GEHOORSAAMHEID

Om 'n Christen te word, is om 'n dissipel van Jesus Christus te word — om 'n gehoorsame student te word, een wat daarop ingestel is om te leer wat dit beteken om God te verheerlik — soos Hy gedoen het. Daar is geen ander keuse nie. Verlossing is meer as 'n Bly uit die Hel kaartjie; dit is die eerste stap in 'n lewe van oorgawe en gehoorsaamheid aan die wil van God tot sy eer.


Die Heilige Gees se taak is onder andere om jou te leer en te herinner aan God se wil, jou hart van sonde te oortuig en jou te help om met God te kommunikeer.


Jou taak is om te luister, te leer en op ʼn gepaste wyse te reageer wanneer Hy praat.


Jesus hou altyd sy deel van die ooreenkoms. Wanneer jy jou deel hou, gebeur mooi dinge!


 


  • Is jy 'n dissipel van Jesus Christus?
  • Hoe weet jy dit?

 


Lees Matteus 16:24-25, 2 Korintiërs 3:18 en Johannes 14:25-27.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Follow The Leader, Becoming A Better Disciple

Verlossing gaan oor redding.  Christenskap gaan oor gehoorsaamheid en die laasgenoemde is 'n bewys van die eersgenoemde (1 Johannes 2:3). Noem jy jouself 'n Christen?  Volg dan vir Jesus.  Gehoorsaam.

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.bgco.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid