Leesplan inligting

Volg Die Leier, Word 'n Beter DissipelVoorbeeld

Follow The Leader, Becoming A Better Disciple

DAG 4 VAN 7

 


DEEL

Diegene wat Jesus volg, deel sy sending om verlorenes te soek en te red.


Klink dit 'n bietjie oorweldigend? Ontspan. Jesus het die moeilike deel gedoen. Hy het gesterf en weer opgestaan om sonde en dood te oorwin en 'n weg te baan vir elke man, vrou en kind om permanent in God se familie aangeneem te word. Al wat jy hoef te doen is om hulle daarvan te vertel en vir hulle te wys hoe om dieselfde soort persoonlike verhouding met Hom te begin as wat jy het. Dit begin alles by liefde vir mense — om hulle behoeftes raak te sien, en dit wat God jou gegee het, te gebruik om in daardie behoeftes te voorsien.


 


  • Neem jy tyd om die behoeftes van mense om jou raak te sien?
  • Wanneer jy wel behoeftes sien, probeer jy om daaraan te voldoen?
  • Is jy 'n effektiewe sendeling?

 


Lees Lukas 19:10, 2 Korintiërs 5:17-21 en 1 Johannes 3:16-18.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Follow The Leader, Becoming A Better Disciple

Verlossing gaan oor redding.  Christenskap gaan oor gehoorsaamheid en die laasgenoemde is 'n bewys van die eersgenoemde (1 Johannes 2:3). Noem jy jouself 'n Christen?  Volg dan vir Jesus.  Gehoorsaam.

Baie dankie aan "Baptist General Convention" van Oklahoma, wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.bgco.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid