Leesplan inligting

My beste vir my HereVoorbeeld

My beste vir my Here

DAG 6 VAN 7

HOE MOET EK GEE

"Hulle het almal uit hulle oorvloed iets ingegooi, maar sy het in haar gebrek alles ingegooi wat sy gehad het, alles waarvan sy moes lewe" Markus 12:44.

Ons is so geweldig bevoorreg! Die wete dat God se genade vir ons elkeen beskikbaar is, dwing ons eintlik tot dankbaarheid. As die Heilige Gees in jou hart is, dan wil jy graag saam saam met ander gelowiges kerk toe te gaan om God te loof en te prys. Dan gee jy nie om om ‘n tiende, of ‘n gedeelte van jou inkomste, of tyd, of talente vir Hom te gee nie.

Gaan ek in alles presies ‘n tiende afmeet?

Bid eerstens en vra God om jou te wys. Weet dat jy deur Hom geroep is om ‘n verskil in hierdie wêreld te maak. Neem die besluit om God altyd eerste met alles in jou lewe te stel.

Onthou weer die weduwee van wie ons in Markus 12 lees. Sy het haar heel laaste twee muntstukkies ingegooi. In 2 Korintiërs 9:7 staan daar dat God die blymoedige gewer liefhet. Ek hou so baie van die gedeelte wat hierop volg: “Hy maak julle altyd in alles ryk genoeg om by elke geleentheid vrygewig te kan wees. Deur ons bemiddeling het julle vrygewigheid tot gevolg dat God gedank word ...” (vers 11).

Behalwe dat ons help sorg vir diegene wat nie het nie, sal die hulp wat ons met die regte gesindheid gee, weer tot gevolg hê dat ander mense God sal eer en Hom sal prys. As ons so kan gee, dan maak ons God se hart baie bly.

Jy sien, as ons kan onthou dat ons kinders is van die Een wat die eienaar van ALLES is — en as ons verhouding met Hom ons eerste prioriteit is — dan kan ons vashou aan die volgende belofte: Filippense 4:19 sê: “En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.” Hoor mooi: God sal in elke behoefte wat jy het, voorsien! Sjoe!

Mag die Here gee dat ek en jy verantwoordelike rentmeesters van sy eiendom sal wees, sodat ons altyd en sonder huiwering vir ander kan gee.

Kom ons bid dat die volgende in die wêreld waar sal word: “Dié met baie, het nie te veel gehad nie, en dié met 'n bietjie, nie te min nie” 2 Korintiërs 8:15.

GEBED:

My Here God, help my asseblief om U eerste te stel in my lewe, sodat ek ‘n blymoedige gewer kan wees. Amen

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

My beste vir my Here

Om jou heel beste vir God te gee, gaan iets van jou vra. Mag jy vandag die besluit neem om Jesus Christus die koning van jou hart te maak. Bid dat die Heilige Gees jou sal aanraak, sodat jy uit dankbaarheid net jou bes...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid