Leesplan inligting

My beste vir my HereVoorbeeld

My beste vir my Here

DAG 5 VAN 7

EK GEE MY TIENDE

"Bring die volle tiende na die voorraadkamer toe sodat daar iets te ete in my huis kan wees, en toets My hierin, sê die Here die Almagtige. Toets My of Ek nie die vensters van die hemel vir julle sal oopmaak en vir julle reën sal uitgiet, meer as wat julle kan gebruik nie" Maleagi 3:10.

Hierdie vraag kom gedurig tussen gelowiges op: Hoeveel moet ek vir die Here gee? Hoeveel is my tiende nou eintlik? Here, ek het soveel skuld of probleme van my eie, hoe kan ek nog geld weggee!

Die Ou Testament bepaal dat ons ‘n tiende of meer moet gee van dit wat ons het. Die Nuwe Testament het nie hierdie bepalings stopgesit nie, maar gee ons eerder nog raad oor hoe om te gee. In 1 Korintiërs 16:2 sê Paulus “... elkeen van julle [moet] na sy vermoë tuis iets opsy sit ...”

Hoeveel moet ek gee, hoeveel is binne my vermoë? Vra jy. In 2 Korintiërs 13-14a (DB) gaan hy verder: “Natuurlik vra God nie meer van julle as wat julle besit nie. Nee, dra net tot die fondsinsameling by uit die geld wat julle tot julle beskikking het. Julle hoef regtig nie elke sent op julle naam weg te gee nie. Daar moet ewewig in die kerk wees wanneer gelowiges mekaar geldelik help.”

Die idee is dat die wat het, vir diegene moet help wat nie het nie. Later draai die wiel dalk en help daardie persoon weer vir jou. Sien jy God se hart hierin? Hy wil hê ons moet mekaar se laste help dra. Hy het ons geroep om ‘n verskil in ander se lewens te maak.

Om so jou geld, jou tyd, jou raad of jou hulp uit te deel, verg ‘n doelbewuste besluit van jou kant af. Kies Jesus Christus in jou hart. Glo en weet dat God sy Heilige Gees gee om jou met alles te help wat jy dink, doen en besluit. Vra Hom hoe jy moet gee en waar jou hulp nodig is. Vra Hom selfs hoeveel Hy wil hê jy moet gee. Jy sal sien, Hy sal jou mooi wys.

As jy ‘n dankbare hart het wat wil gee, moet jy God se belofte jou eie maak dat Hy vir jou sal sorg.

GEBED:

My hemelse Vader, wys my asseblief hoeveel en hoe U wil hê ek aan ander moet gee. Ek wil so graag binne U wil wees. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

My beste vir my Here

Om jou heel beste vir God te gee, gaan iets van jou vra. Mag jy vandag die besluit neem om Jesus Christus die koning van jou hart te maak. Bid dat die Heilige Gees jou sal aanraak, sodat jy uit dankbaarheid net jou bes...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid