Leesplan inligting

My beste vir my HereVoorbeeld

My beste vir my Here

DAG 1 VAN 7

WAT IS JOU BESTE?

"Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn" Spreuke 3:9.

My vriendin, Theresa, vertel vir my dat sy as klein dogtertjie baie bewus geraak het van wat dit van jou verg om jou beste vir die Here te gee. Vir haar was haar heel beste en kosbaarste speelding, ‘n oulike Volkswagentjie wat sy altyd in haar penneblikkie in haar kamer gebêre het. Na ‘n Sondagskoolles, was sy diep onder die indruk dat sy haar klein Volkswagentjie, haar beste speelding, vir Jesus wil gee. Dit was aanvanklik nie maklik nie. Sy het egter vir Jesus gekies en dit was die begin van haar reis om altyd die keuse te maak om vir God haar beste te gee.

Vir jou is jou beste dalk ‘n bedrag geld. Vir iemand anders is dit dalk klere en vir nog iemand is dit jou tyd en vir 'n ander is dit ‘n gereg wat voorberei word. Vir sommige is dit jou laaste R5, of die laaste bietjie rys in die pakkie.

Ons leer in die Bybel van die term “eerste opbrengs”. God het alreeds in Eksodus 23 sy volk geleer dat hulle die beste deel van hul eerste oes vir hom moet gee, sodat hulle God se seën en voorsiening kon ervaar. Vir elke gelowige is dit belangrik om hierdie begrip te verstaan. Ja, daar word selfs twee-en-dertig keer in die Ou Testament hierna verwys.

In Eksodus 23:19a sê God: “Die beste uit die eerste opbrengs van jou lande moet jy bring na die huis van die Here jou God toe.” So het die Israeliete geleer dat hulle met elke fees wat hul gehad het, hul eerste oes vir God moes gee. Met die koringoes, was dit die eerste gerf, met vrugtetyd, die eerste druiwe of eerste granate. As dit ‘n brood was, dan het hulle die spesiale gedeelte van die brood gegee.

Die belangrike ding wat ons moet hoor is dit: Hul beste was nie gekoppel aan ‘n hoeveelheid nie. Nee, die oogmerk was om die eerste deel van jou beste te gee.

Wat is jou beste wat jy vir God kan gee?

GEBED:

My Here, ek wil U eer. Gee my asseblief die genade om nie te huiwer om altyd my beste vir U te gee nie. Amen.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

My beste vir my Here

Om jou heel beste vir God te gee, gaan iets van jou vra. Mag jy vandag die besluit neem om Jesus Christus die koning van jou hart te maak. Bid dat die Heilige Gees jou sal aanraak, sodat jy uit dankbaarheid net jou bes...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid