Leesplan inligting

My beste vir my HereVoorbeeld

My beste vir my Here

DAG 2 VAN 7

WAT MOET EK DOEN?

"Wag daar nie vir jou blydskap as jy goed doen nie? As jy nie goed doen nie – die sonde wag jou in daarbuite en hy wil jou in sy mag kry. Maar jy moet oor hom heers” Genesis 4:7.

As kinders het ons geleer wanneer jy kerk toe gaan, trek jy jou beste klere aan, want dis hoe jy vir liewe Jesus respek wys. Jy gee jou beste speelding vir jou maat om mee te speel, want dis hoe jy jou liefde bewys. Die huis word van voor tot agter silwerskoon gemaak as iemand kom kuier en skoon beddegoed word oorgetrek as hulle oorslaap. Ja, die beste koppies wat altyd in die vertoonkas staan, word uitgepak, want jy gee altyd jou beste. Ons het al vroeg geleer dat jy altyd in jou werk en in verhoudinge jou beste gee.

Ek het so baie hieroor gewonder. Waar sou dit vandaan kom dat die ouer mense meestal so ‘n hoë premie op “Gee jou beste” gestel het? Vir baie mense voel dit dalk na iets wat wêrelds is. Baie sal sê dis net goeie maniere. Ander sê weer so bou jy 'n goeie karakter.

Ek lees die verhaal van Kain en Abel in Genesis 4: God het Kain se offer verwerp, want hy het dit gegee met ‘n onvergenoegde en trotse hart. Abel s’n het God aanvaar, want hy was ‘n regverdige man met ‘n vaste geloof in God. Hy het sy beste vir God gegee (Hebreërs 11:4).

Dit gaan dus nie daarom dat Kain ‘n graanoffer en Abel ‘n bloedoffer van een van sy lammers vir God gegee het nie. Altwee hierdie soort offers was in praktyk vir God aanvaarbaar. Die verskil tussen die broers het in hul geloof in God en die gesindheid van hul harte gelê.

Deursoek vandag die gesindheid in jou hart. Is jy regverdig in God se oë, of is jou hart verhard, jaloers en lelik? Is jy onvergenoegd, of is jy vrolik en bly? Gee jy sodat mense jou moet prys, of gee jy omdat jy God daardeur wil eer?

Die Bybel leer ons dat jy gelukkig sal wees as jy met ‘n opregte hart gee. As ons nie goeddoen aan ander nie, wag die sonde ons in. Ag, mag God ons help met die keuses wat ons maak!

GEBED:

My Here, gee my asseblief ‘n rein hart en skep in my binneste ‘n vaste gees, sodat ek altyd my beste vir U sal gee. Amen.

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

My beste vir my Here

Om jou heel beste vir God te gee, gaan iets van jou vra. Mag jy vandag die besluit neem om Jesus Christus die koning van jou hart te maak. Bid dat die Heilige Gees jou sal aanraak, sodat jy uit dankbaarheid net jou bes...

More

Ons wil graag Sonja Goldberg bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.sonjagoldberg.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid