Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor die WoordVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor die Woord

DAG 6 VAN 6

Die ewige Woord van God

1 Petrus 1:22-25: "Noudat julle julle in gehoorsaamheid aan die waarheid gereinig het om mekaar as broers ongeveins lief te hê, moet julle mekaar dan ook van harte en vurig liefhê. Julle is immers weergebore, nie uit verganklike saad nie, maar uit onverganklike saad: die lewende en ewige woord van God. Die Skrif sê: 'Die mens is soos gras, en al sy prag soos ’n veldblom; die gras verdor en die blom val af, maar die woord van die Here, dít bly vir ewig.'”

Matteus 24:35: "Die hemel en die aarde sal vergaan, maar My woorde nooit."

Openbaring 22:19: "en as iemand een van die woorde van hierdie profetiese boek wegneem, sal God sy deel aan die boom van die lewe en aan die heilige stad wegneem waarvan in hierdie boek geskrywe is."

Vra die Heilige Gees om met jou te praat vanuit hierdie Skrifgedeeltes. Vra Hom vir dieper openbaring. Hierdie gedeeltes sê baie meer as net dat die Bybel vir ewig die Woord van God is.

Ons moet verstaan dat wanneer ons die Bybel lees, dit nie net 'n paar goeie gedagtes is nie. Ons lees van ewige werklikhede – daarom moet ons noukeurig ag slaan op wat dit sê. Dit is die Heilige Gees wat met ons deur die Woord praat.

Vraag: Wat leer ek oor God uit hierdie drie Skrifgedeeltes? Wat leer ek oor myself en oor mense uit hierdie Skrifgedeeltes? Wat is daar wat ek moet gehoorsaam?

Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor die Woord

Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid