Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor die WoordVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor die Woord

DAG 4 VAN 6

Besin en mediteer oor die Woord

Raak stil voor God en vra Hom wat Hy vir jou deur hierdie gedeelte wil sê.

Josua 1:1-9 – Lees hierdie gedeelte.

Vra vir jouself die vraag: Wat leer ek oor God uit hierdie verse — sy karakter en sy werke?

Lees weer verse 8-9: "Hierdie wetboek moet die rigsnoer wees vir alles wat jy sê. Oordink dit dag en nag en sorg dat jy alles uitvoer wat daarin geskryf staan. Dan sal jy slaag in wat jy moet doen, jy sal voorspoedig wees. Ekself gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan."

Wat dink jy wil die Heilige Gees vir jou in hierdie gedeelte wys? Besin veral oor die volgende drie vrae:

1. Wat is die rol van verse 8-9 in hierdie gedeelte? Wat moet Josua doen om sterk en vasberade te kan wees?

2. In watter areas van jou lewe moet jy hierdie beginsels toepas?

3. Is daar iemand met wie jy hierdie waarheid kan deel en bespreek?

Aktiewe meditasie, besinning oor Skrifgedeeltes, om op die Gees van die Here te wag om die Skrif vir jou oop te breek, is die begin van 'n nuwe proses van geestelike groei. Begin altyd met die vraag: Wat leer ek van Jesus uit hierdie Skrifgedeelte? Hoe moet ek dit van my lewe deel maak? Vra dieselfde vraag ook oor God die Vader en God die Heilige Gees.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor die Woord

Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid