Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor die WoordVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor die Woord

DAG 2 VAN 6

Die doel van die Woord

Die Bybel is die Waarheid — daarom is die Bybel die finale bron van gesag en maatstaf vir waarheid. Elke openbaring, preek, mening, siening van teoloë of skrywers moet getoets word aan wat die Bybel sê. Die Bybel is die finale gesag. Die Bybel is ons standaard vir elke faset van ons lewe — nie mense se menings nie (ook nie my eie nie).

Elke mens moet op een of ander stadium 'n persoonlike besluit neem wat hy of sy as die finale bron van gesag in sy lewe gaan aanvaar. Vir die Christen is die Bybel die Woord van God en die enigste bron van waarheid oor die dinge waaroor die Bybel uitsprake maak.

Ons lees in 2 Timoteus 3:16-17: "Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ’n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk."

Psalm 119:105: "U woord is die lamp wat my die weg wys, die lig op my pad."

Romeine 12:2: "Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe."

1. Skryf drie tot vyf dinge neer wat vir jou uitstaan wanneer jy hierdie Skrifgedeeltes lees.

2. Hoe dink jy wil God (die Vader/Jesus/die Heilige Gees) hê moet jy hierdie waarhede in jou eie lewe toepas en integreer?

3. Aan watter een van die dinge wat die Heilige Gees vir jou uitwys, moet jy dadelik aandag gee?

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor die Woord

Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid