Leesplan inligting

Wat Jesus gesê het oor die WoordVoorbeeld

Wat Jesus gesê het oor die Woord

DAG 1 VAN 6

Voorstel

1. Vra drie vriende of vriendinne om hierdie leesplan saam met jou te doen (vier in 'n groep). (Mans en vroue in afsonderlike groepe.

2. Almal werk deur die leesplan op hulle eie.

3. Nadat almal die leesplan voltooi het, bespreek julle wat julle ontdek het.

4. Oorweeg om al 25 leesplanne in hierdie reeds as 'n groep saam te doen.

5. Hierdie is Nr.3 in 'n reeks van 25 Bybelstudies.

5. Watter ander persoon of persone dink jy sal by hierdie leesplan baat vind? Vertel hulle daarvan en moedig hulle aan om dieselfde leesplan saam met 'n groep van vier te doen.

6. Hierdie leesplanne sal jou help om te groei en uiteindelik dissipels van ander te maak — iemand wat 'n dissipel van nuwe bekeerlinge en ander Christene kan maak.

Wat Jesus oor die Woord gesê het

Die Skrifgedeeltes waarop gefokus word is: Matteus 13:1-9 en 13:18-23.

Lees hierdie twee Skrifgedeeltes en besin daaroor deur die volgende drie vrae vir jouself te beantwoord:

1. Wat leer ons van God in hierdie gedeelte?

Hoe openbaar God Homself aan my: Wie Hy is, sy karakter, werke, bevele en beloftes?

2. Wat leer ons van onsself/ander mense uit hierdie Skrifgedeelte?

Wat verwag God van my volgens hierdie gedeelte – bv. om te vergewe, te groei in my verhouding met Hom, gehoorsaam te wees, en in ‘n verhouding met Hom te leef? Wat moet in my lewe verander? Wat is my verantwoordelikhede?

3. Hoe kan ons dit wat ons uit hierdie gedeelte ontdek het, in ons lewens integreer?

Hoe moet ek God gehoorsaam? Hoe kan ek vir ander tot seën wees? Wat en waaroor kan ek vanuit hierdie Skrifgedeelte bid?

Praktiese toepassing

Nadat jy Matteus 13:1-9 en 13:18-23 bestudeer het, wat voel jy vra die Heilige Gees jou om te doen? Omdat dit God is wat hier praat, moet ons reageer. In hierdie gedeelte van die groep se bespreking, gaan ons oor van inligting na gehoorsaamheid: Is daar iets wat in jou lewe moet verander in die lig van julle bespreking van hierdie Skrifgedeeltes?

Wat moet jy in die komende week doen na aanleiding van julle bestudering van hierdie Skrifgedeeltes? Hoe kan jy vir ander mense om jou 'n seën wees? Wees baie spesifiek.

Formuleer vir jouself 'n Ek sal-verklaring, dit is 'n persoonlike verbintenis tot wat jy in die komende week prakties in gehoorsaamheid aan die Heilige Gees sal doen, volgens wat hierdie Skrifgedeeltes vir jou sê. 'n "Ek sal-verklaring" is om te sê: "Gedurende die komende week sal ek die volgende doen ..."

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Wat Jesus gesê het oor die Woord

Die Woord van God is die middelpunt van die Christen se lewe. Ons moet onder die gesag van die Woord leef en ons lewens moet volgens die Woord gerig word. In die Bybel (die Woord van God, die Skrif), leer ons wat die wil...

More

Ons wil graag Disciple4 bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://disciple4.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid