Leesplan inligting

AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 6 VAN 29




Liefde, Kennis, Insig

Lees Filippense 1:3–11

SOAP Filippense 1:9–11

Oordenking

Paulus se gebed is dat Christene se liefde oorloop van kennis en insig. Dit gaan nie net oor om liefde te hê nie maar ook oor die kweek van 'n liefde wat groei in begrip en wysheid en die pragtige verbinding van hart en verstand. Hierdie soort liefde lei tot onderskeidingsvermoë, reinheid en geregtigheid — alles tot eer van God.

As vroue wat ons lewens afgesonder van die wêreld lei, word ons geroep om hierdie soort liefde in ons lewens te koester. God het meer as genoeg liefde om ons leë harte te vul. Ons kan ook sy Woord lees om meer van hierdie liefde te leer en daarna streef om deel te wees van 'n gemeenskap wat ons uitdaag om in ons liefde te groei. Ons kan dit doen deur daagliks in die Woord van God te wees deur gebed en deur onsself te omring met 'n gemeenskap wat ons aanmoedig en uitdaag om in ons geloof te groei. Deur dit te doen, kweek ons 'n liefde wat in waarheid gegrond is en wat nie deur die wêreld van koers af gebring word nie.

Wanneer ons gevul is met liefde, kennis en insig, kan ons wyse keuses maak en die lewe se uitdagings met grasie hanteer. Ons kan onderskei wat die beste is te midde van die chaos, verwarring en geraas. En ons kan ander liefhê met 'n liefde wat suiwer, sonder blaam en gevul is met die vrug van geregtigheid.

Kom ons streef na hierdie soort liefde in ons eie lewens. Kom ons vra die Here om ons te help groei in kennis en insig terwyl ons sy Woord bestudeer, bid en gemeenskap met ander gelowiges het. Kom ons probeer om ander lief te hê soos Christus ons liefhet, terwyl ons sy heerlikheid en lof weerspieël in alles wat ons doen.

Gebed

Liewe Jesus, baie dankie vir die liefde en wysheid wat U so mildelik aan ons gee. Help my om elke dag te groei in liefde en wysheid. Help my om in U te bly sodat ek die vrug van geregtigheid in my lewe kan voortbring wat slegs kan kom as ek my liefde en wysheid van U kry. Amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid