Leesplan inligting

AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 1 VAN 29

Welkom by ons Bybelstudie: Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God? Voel dit vir jou asof die sterk gety van verandering jou van jou voete af wil gooi en jy nie weet hoe om in hierdie wêreld te leef sonder om meegesleur te word nie?

Die tyd waarin ons leef is vir seker moeilik, maar God het ons nie verlaat nie! Met God se hulp kan ons, terwyl ons in sy Woord delf, die antwoorde kry wat ons nodig het om afgesonder tot sy eer in hierdie wêreld te leef.

Sluit by ons aan vir hierdie studie deur middel van ‘n joernaal, 'n digitale hulpbronbundel of ons Love God Greatly-toepassing. Jy kan ook dieselfde inhoud oor Afgesonder in webjoernale en gemeenskapsgroepe se plasings lees.

Hier by "Love God Greatly Afrikaans" gebruik ons die "SOAP"-metode vir ons Bybelstudies.

Wat is SOAP?

Hierdie metode maak dit vir jou moontlik om dieper in die verse te delf en om meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te "SOAP" en self te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd kry.

Wat beteken "SOAP"?

Die S staan vir "Scripture":

Jy skryf die teksverse neer. Jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou in sy Woord openbaar deur net tyd te maak om die verse neer te skryf.

Die O staan vir "Observation":

Wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

Die A staan vir "Application":

Dit is wanneer jy die Woord van God persoonlik toepas. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het in my eie lewe toepas? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek aanbring?

Die P staan vir "Prayer":

Bid tot God en praat met Hom oor die Skrifgedeelte wat jy so pas bestudeer het. As Hy iets aan jou in sy Woord geopenbaar het, bid daaroor. Bely die sonde in jou lewe as Hy dit vir jou uitgewys het.

Inleiding

Die prys om te kies om 'n lewe vir Jesus te leef is baie hoog. Moet jou nie misgis nie — dit maak ons anders. Soos die wêreld verder en verder weg van God beweeg, moet ons lewens minder en minder soos die wêreld lyk, nie uit arrogansie nie, maar uit ons liefde vir God.

Ek weet dit is nie maklik nie. Die gety waarin ons leef is sterk. Dit is meedoënloos. Dit is uiters belangrik om seker te maak waaraan ons vashou. Hoekom? Want as ons nie doelgerig vashou aan die waarheid en aan wat God sê reg en verkeerd is nie, dan kan ons baie tragies ingetrek word in die gety van ons tyd. Om te kies om afgesonder vir God te leef is 'n stryd. Dit is 'n lewe wat alles behalwe passief is.

As ons in Christus glo, weet ons hierdie wêreld is nie ons woning nie en terwyl ons gretig wag vir ons opgestane Christus wat weer gaan kom, moet ons die meeste maak van die dae wat aan ons gegee word. Om afgesonder vir God te leef is om te kies om 'n lewe te leef wat God eer en Hom reflekteer aan 'n wêreld wat saamgetrek word in die destruktiewe gety van ons tyd.

Wanneer ons kies om afgesonder tot God se eer te leef, wys ons sonder om te skroom na die rede vir ons krag, hoop en waarom ons lewens anders lyk.

Ons lewens is veronderstel om te skyn soos 'n stad wat hoog op 'n heuwel is vir almal om te sien, wat uitstaan in die donker nag en nie vir homself skyn nie, maar uit sy liefde vir God. God is die rede waarom dit die donkerte kan weerstaan en afgesonderkan wees. God is die rede waarom ons ook kan.

“Julle is die lig vir die wêreld. 'n Stad wat op 'n berg lê, kan nie weggesteek word nie; ook steek 'n mens nie 'n lamp op en sit dit onder 'n emmer nie maar op 'n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik" (Matteus 5:14–16).

Ek weet dit is donker en ek weet die gety waarin ons is, is sterk, maar hou styf vas aan Jesus, liewe vriendin. Hy hou jou vas. Kies om vandag jou lig helder vir Jesus te laat skyn terwyl jy afgesonder lewe.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid