Leesplan inligting

AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 13 VAN 29




Bewaak Jou Hart

Lees Spreuke 4:20–27

SOAP Spreuke 4:23

Oordenking

In hierdie vinnige, voortdurend veranderende wêreld kom ons voor tallose afleidings, versoekings en invloede te staan wat ons op ‘n dwaalspoor en weg van God af kan lei. Ons weet tog dat ons ‘n vyand het wat agter ons harte aan is. Hy is meedoënloos in sy strewe om te steel, te moor en die oorvloedige lewe wat God vir ons bedoel het, te verwoes (lees Johannes 10:10). Dit moenie spanning by ons veroorsaak nie, want wanneer ons leer om ons harte te bewaak, beskerm ons ons harte, verstand en emosies teen die vyand se taktiek.

Hoe kan ons effektief leer om in vandag se kultuur ons harte op ‘n Bybelse manier te bewaak? Deur te let op wat ons in ons harte toelaat. Die eerste stap om ons harte te bewaak is om ons in die Woord van God te verdiep, ‘n liefde en ‘n begeerte te kweek om by “Jesus se voete te sit” en by Hom te leer. Namate ons kennis en begrip van God toeneem, sal ons liefde ook meer word. Tweedens weet ons dat ons vir gemeenskap gemaak is. Ons moet ons doelbewus met goddelike raad omring en God se wysheid soek. Laastens, om te leer hoe om ons harte te bewaar, moet ons deur ‘n Christusgefokusde lens bly kyk na die wêreld en hoe ons daarmee omgaan. Dit behels dat ons daadwerklik kies wat ons toelaat om ons gedagtes, optrede en gesindhede te beïnvloed en om seker te maak dat daardie invloede ooreenstem met God se waarheid en liefde.

Ons ontwikkel ‘n dieper, intiemer verhouding met God wanneer ons ons harte bewaak. Ons raak meer sensitief vir sy stem en die influisteringe van die Heilige Gees. Ons harte word vrugbare grond wat gereed is om sy waarheid te ontvang, in genade toe te neem en geestelike vrugte in ons lewens voort te bring wat Hom verheerlik. Om ons harte te bewaak is nie ‘n eenmalige gebeurtenis nie, maar ‘n lewenslange reis wat daaglikse toewyding vra.

Gebed

Here Jesus, dankie dat U ons herinner hoe belangrik dit is om ons harte bo alles te bewaak. Help ons om op u waarheid gefokus te bly en ons met ‘n godvresende gemeenskap te omring. U alleen is ons werklike bewaarder en bron van wysheid en krag. Help ons om ons harte te bewaak sodat ons U en ander waarlik kan liefhê. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid