Leesplan inligting

AfgesonderVoorbeeld

Afgesonder

DAG 12 VAN 29




Wees Lief vir Mekaar

Lees Johannes 13:34–35

SOAP Johannes 13:34–35

Oordenking

In ‘n wêreld waar harde woorde, veroordeling en onverskilligheid aan die orde van die dag is, kan dit soos ‘n onmoontlike stryd voel om ander opreg en heelhartig lief te hê. Ek weet vir party van ons kan hierdie gebod soos ‘n onrealistiese versoek voel. Maar met God se hulp kan ons dit regkry. Jesus kon Petrus liefhê en vergewe nadat hy Hom verloën het. Jesus was bereid om diegene wat Hom gemartel en aan die kruis vasgespyker het, lief te hê en te vergewe. Hy vra nie dat ons iets moet doen wat Hy nie alreeds gedoen het nie. Om lief te hê soos Jesus liefgehad het, is om sy genade, ontferming en oneindige deernis te weerspieël aan ‘n wêreld wat Hom nie ken nie. Weet vir seker, Jesus verstaan hoe moeilik dit is om mense wat ons seergemaak het, lief te hê. Liefde is egter veronderstel om ‘n kenmerk te wees van hulle wat sy naam dra. Ons is liefdevol omdat Hy liefde is.

Wees in die normale gang van jou dag op die uitkyk na geleenthede om ander lief te hê — nie net met jou woorde nie, maar ook met jou dade. Liefde vir mekaar beteken nie dat ons oor alles moet saamstem of selfs dat ons nooit geskille gaan hê nie. Wat dit wel beteken, is dat ons ten spyte van ons verskille kies om die beeld van God in elke mens te sien en net soveel genade as wat ons ontvang het aan hulle te bewys. Liefde is ‘n daad, nie noodwendig ‘n emosie nie.

In ‘n wêreld wat dikwels koud en afsydig voel, kan ons liefde vir mekaar soos ‘n warm omhelsing wees wat ander na die hart van Jesus aantrek. Wanneer ons met ons hele hart liefhet, word ons ‘n lewende getuienis vir die wêreld dat ons sy dissipels is. Ons liefde word ‘n baken van hoop wat die pad vir ander verlig om die lewensomvormende krag van Jesus se liefde wat lewens verander, te ervaar.

Gebed

Here Jesus, help ons om mekaar heelhartig lief te hê en die liefde wat U deur u offer bewys het, te weerspieël. In die Naam van Jesus. Amen.

Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Afgesonder

Voel dit asof die wêreld al verder weg van God af beweeg? Is dit vir jou moeilik om te weet hoe om die mense in jou lewe lief te hê sonder om beïnvloed te word deur die veranderinge in 'n wêreld wat uit pas is met God?

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://liefgodgrootliks.wordpress.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid