Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 3 VAN 29




Week 1 - Die Koning Kom

'n Kind is gebore

Lees: Jesaja 8:23–9:6

SOAP: Jesaja 9:5–6

"Vir ons is 'n Seun gebore, aan ons is 'n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal dié koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg."

Oordenking

Wie is Jesus? Baie van ons, indien nie almal van ons nie, het al hierdie vraag bepeins. Waarom is Hy so 'n belangrike persoon? Was Hy meer as net 'n historiese figuur, 'n goeie man, 'n filantroop of 'n rabbi? Waarom volg soveel mense Hom nog steeds?

Hetsy ons nog nooit hierdie vrae gevra het en of ons ons geloof in Jesus geplaas het, moet ons weet en verstaan wie Hy is. Ons antwoord op hierdie vrae bepaal nie net ons lewens nie maar ook ons ewigheid.

Toe sonde in die wêreld gekom het, is ons verhouding met God verbreek. God het ons egter nie in 'n gebroke toestand gelos nie. Inteendeel, Hy het 'n plan gemaak om ons te red van die straf wat ons verdien, die dood wat ons sal sterf as ons aan Hom ongehoorsaam was. Daardie plan was Jesus. Van die begin af het God beplan om sy enigste Seun na die aarde toe te stuur om ons te red. God het belowe dat sy Seun op net die regte tyd sal kom en dat Hy lig in die donkerte sou bring.

God het voortdurend beloftes gemaak om sy mense te laat weet dat 'n redder aan die kom was. Hy het hulle nie sonder hoop gelaat nie. Om die waarheid te sê, daar is meer as drie-honderd profesieë in die Ou Testament oor hierdie komende verlosser. Die mense het geweet vir wie om op die uitkyk te wees. Hulle het die beloftes wat God deur die geskiedenis aan hulle gemaak het, geglo. Hy sou 'n Wonderbare Raadsman, 'n Magtige God, 'n Ewige Vader en 'n Vredevors wees.

Hierdie Vredevors sou egter die wêreld betree soos elke ander mens — klein, kwesbaar en volkome hulpeloos. Hierdie Koning sou na die wêreld toe kom as 'n baba, en tog sou Hy God wees. Wat 'n ongelooflike, verwarrende plan. As hierdie redder moes red, waarom sou Hy na die aarde toe kom as 'n baba, nie by magte om Homself te red of te help nie?

God het Jesus na ons gestuur as ons redder om al die beloftes wat Hy gemaak het oor wie Jesus sou wees en wat Hy sou doen, te vervul. Ongeag of ons al 'n honderd keer of vandag vir die eerste keer gevra het: “Wie is Jesus?” kan ons met vertroue weet dat Hy die vervulling van God se beloftes is.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid