Leesplan inligting

Die Beloofde MessiasVoorbeeld

Die Beloofde Messias

DAG 6 VAN 29




Wonderbaarlike Geboorte

Lees: Hosea 11:1; Miga 5:2; Matteus 2:5–6, 14–15

SOAP: Matteus 2:6

“En jy, Betlehem, gebied van Juda, jy is beslis nie die kleinste onder die leiers van Juda nie. Uit jou sal 'n leier voortkom wat vir my volk Israel 'n herder sal wees.”

Oordenking

Die omstandighede rondom Jesus se geboorte was niks anders as wonderbaarlik nie. Die tydsberekening, plek en gebeure wat plaasgevind het, was lank voordat Jesus verwek is, deur God bepaal.

Die profeet Miga het getuig dat God ‘n koning uit Betlehem sou laat voortkom. Al was Juda een van die kleinste stamme en Betlehem een van die kleinste dorpies, het God ‘n ongelooflike plan gehad om Betlehem te seën. Israel se grootste koning, Dawid, was van Betlehem afkomstig en God sou nog ‘n Koning, een veel groter as Dawid, uit Betlehem laat voortkom. Hierdie Koning sou God se volk oppas en hulle lei.

Miga sê die heerser wat uit Betlehem sou kom se oorsprong lê in die verre verlede. Hoewel Jesus se aardse lewe in Betlehem begin het, is Hy die Oue van Dae. Betlehem het ‘n belangrike rol gespeel in die vervulling van die profesie van die Messias. Toe die sterrekykers, wat heidene op soek na die Messias was, in Jerusalem aankom en by die Joodse geleerdes navraag doen, het hulle uitgevind — gegrond op hierdie profesie van Miga — dat Hy van Betlehem sou kom. Al het Hy in Nasaret grootgeword, was Jesus se geboorteplek van betekenis en deel van God se plan in die verlossingsgeskiedenis.

Hosea se verwysing na God wat sy Seun uit Egipte geroep het, dui op die tyd toe God die volk Israel uit slawerny in Egipte gebring het. Hierdie gedeelte is nie as ‘n Messiaanse profesie beskou nie maar eerder as ‘n herinnering aan God se liefde vir sy volk.

En tog, net soos God die Israeliete uit Egipte gebring het, het God Jesus uit Egipte gebring nadat Hy as klein kindjie soontoe gevlug het om aan Herodus te ontkom. Matteus het die patrone van God se werk in sy evangelie uitgelig, met die insluiting van hierdie geval waar God Israel uit Egipte gebring het om sy verbond met hulle te vestig. Dit was ‘n voorafskaduwing van hoe Hy weer sy Seun uit Egipte sou bring om die eerste verbond te vervul en die nuwe verbond te bekragtig.

God het op magtige, ongelooflike maniere gewerk ter voorbereiding van sy koms as ‘n mens na ons wêreld. Sy hand was in elke detail en het eeue lank in elke omstandigheid gewerk om sy plan te volvoer. Dit is ons God. Hy werk op maniere wat ons nie kan sien nie en dalk nooit sal sien nie. Ons sal dalk nooit bewus wees van die volle omvang van wat Hy agter die skerms doen nie, maar ons kan daarvan seker wees dat Hy altyd aan die werk is.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Die Beloofde Messias

Wanneer God ‘n belofte maak, het Hy reeds ‘n plan om dit gestand te doen. Sy grootste belofte, om vir ons ‘n Verlosser te stuur om ons van sonde te red, word bewys deur die lewe, dood en opstanding van Jesus. In hierdie ...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.loveGodgreatly.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid