Leesplan inligting

Staan dan vasVoorbeeld

Staan dan vas

DAG 4 VAN 5

Wees sterk

Moet geensins onder die wanindruk verkeer dat jy nie in hierdie wêreld verdrukking of vervolging as gevolg van jou geloof in God kan beleef nie. Trouens, wees dit eerder te wagte. Nogtans is Jesus se raad aan jou: "... hou goeie moed" (Johannes 16:33). Om sterk te wees vereis van jou om te begryp dat jy nie die aanslae van die duiwel in jou krag kan oorwin nie, maar slegs in die krag van God se sterkte (Efesiërs 6:10). Om te besef dat jy van God afhanklik is, is ware sterkte (2 Korintiërs 12:9-10). Jy is dus nie 'n oorwinnaar deur jou eie toedoen nie, want jy staan nie in jou eie sterkte nie. Dit is deur Jesus Christus dat jy meer as oorwinnaar is en tot alles in staat is (Romeine 8:37 en Filippense 4:13). Jy is nie sterk as gevolg van jou eie oortuiging van jouself nie, maar as gevolg van die geloofsoortuiging dat Hy wat in jou is groter is as hy wat in die wêreld is (1 Johannes 4:4).

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Staan dan vas

In 1 Korintiërs 16:13 is vier kort, maar kragtige stellings wat 'n deurslaggewende rol in 'n standvastige geloofslewe speel, naamlik: Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk. Jy kan nie gelyktydig onbesl...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid