Leesplan inligting

Staan dan vasVoorbeeld

Staan dan vas

DAG 2 VAN 5

Staan in die geloof

Om in die geloof te staan is om met ‘n vaste oortuiging te bely dat die goedheid, grootheid, getrouheid en genade van God groter is as die lewe self. Dit is om nie toe te laat dat die siek, seer, sat en stukkende realiteite van die lewe jou aan God se krag laat twyfel nie. Nee! Jy staan vas in die geloof. Jy bely skaamteloos dat God steeds die onvergelykbare God is. Om in die geloof te staan beteken dat jy jou lewe na aanleiding van Skrifgebaseerde waardes inrig en uitleef. Hierdie standvastigheid is 'n demonstrasie van jou gehoorsaamheid aan God (Galasiërs 1:10). Jy weet wat die Bybel jou leer en jy staan by wat die Bybel jou leer. Om in die geloof te staan is om te besef dat jou oorgawe aan God jou 'n tipe vastigheid onder jou voete gee sodat jy op die plekke kan tree wat God vir jou uitgemeet het (Daniël 10:11 en Habakuk 3:17-19). Hierdie standvastigheid is om te besef en te beleef dat daar niks in hierdie lewe is wat jou 'n groter gevoel van genoegdoening gee as om God te behaag nie. Wanneer jy aan God getrou bly en dus standvastig is, sal dit nie ongesiens by jou Hemelse Vader verbygaan nie. Onthou dus dat standvastigheid nie sonder loon is nie (Jakobus 1:12).

Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Staan dan vas

In 1 Korintiërs 16:13 is vier kort, maar kragtige stellings wat 'n deurslaggewende rol in 'n standvastige geloofslewe speel, naamlik: Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk. Jy kan nie gelyktydig onbesl...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid