Leesplan inligting

Staan dan vasVoorbeeld

Staan dan vas

DAG 1 VAN 5

Waak

Om te waak beteken eenvoudig om paraat en wakker te wees. Jy moet weet wat vir jou kosbaar is. Jy moet ook weet hoe hoog dit op jou prioriteitslys is en hoeveel jy daarin sal belê om dit te bewaar en te bewaak. Kortom, om te waak is om noulettend aandag te skenk aan die dinge wat aan jou sorg toevertrou is. Wanneer jy waaksaam is, sal jy 'n fyn ingesteldheid hê om die vyande te identifiseer wat 'n bedreiging inhou vir dinge soos jou Christelike wandel, verhoudings en werksetiek. Daarom sal waaksaamheid jou soos 'n dapper held van die geloof posisioneer om op 'n gereedheidsgrondslag te leef — sonder om paranoïes te wees. Om te waak is dus om bewus te wees van wat rondom jou aangaan sonder om toe te laat dat die sorge van die lewe jou ontsenu, want dit sal jou paraatheid aftakel. Wanneer jy waaksaam is, sal dit gewis daartoe bydra dat jy aan die duiwel geen plek sal gee nie (Efesiërs 4:27), want jy sal noulettend daarop ingestel wees om God altyddeur te behaag (Kolossense 1:9-10). Daarom sal waaksaamheid jou toewyding aan die Here verdiep en vergroot.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Staan dan vas

In 1 Korintiërs 16:13 is vier kort, maar kragtige stellings wat 'n deurslaggewende rol in 'n standvastige geloofslewe speel, naamlik: Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk. Jy kan nie gelyktydig onbesl...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid