Leesplan inligting

Staan dan vasVoorbeeld

Staan dan vas

DAG 3 VAN 5

Wees manlik

Om die eise van wisselende omstandighede te kan deurstaan, is dit nodig dat jy volwasse en dapper moet wees. Man of muis? ’n Volwasse persoon se optrede word nie deur omstandighede bepaal nie, maar deur 'n waardesisteem wat in lyn met Bybelse beginsels is. Verder merk ons ook op dat jou geestelike aptyt jou geestelike volwassenheid verraai. 'n Volwasse man se aptyt is beslis anders as 'n baba se aptyt. 'n Geestelike volwasse man besit die onderskeidingsvermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei en dan die regte besluite te neem (Hebreërs 5:12-14). Daar het jy dit: volwasse mense tree anders as kinders op. Volwassenheid met die gepaardgaande dapperheid maak jou onverskrokke en selfs uitgesproke. Jy word dus aangemoedig om manmoedig te wees deur jou nie te skaam oor die evangelie van Christus nie (Romeine 1:16). Dit sluit ook in dat jy nie sal terugdeins om selfs te ly vir die Goeie Saak van Christus nie (1 Petus 4:16). Volwasse en dapper kinders van die Here leef anders.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Staan dan vas

In 1 Korintiërs 16:13 is vier kort, maar kragtige stellings wat 'n deurslaggewende rol in 'n standvastige geloofslewe speel, naamlik: Waak. Staan in die geloof. Wees manlik. Wees sterk. Jy kan nie gelyktydig onbesl...

More

Ons wil graag Leef die Woord bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://leefdiewoord.co.za/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid