Leesplan inligting

Oggende Saam Met Die Heilige GeesVoorbeeld

Mornings With The Holy Spirit

DAG 2 VAN 7

Ek Hou Daarvan om Jou te Hoor Bid

Ek hou daarvan om te hoor hoe jy bid wanneer jy soggens wakker word. Dit is een van My gunsteling tye van die dag. Wanneer jy wakker word en begin om jou liefde vir Ons te verklaar, beweeg dit Ons harte. Wanneer jy vir My iets vra, antwoord Ek met graagte. Wanneer jy met My hart praat, gee dit vir My groot vreugde om jou hart te antwoord. Ek hoor altyd jou stem, selfs wanneer die gejaagde lewe dit vir jou moeilik maak om My stem te hoor. Hou dus aan om Vader jou stem in gebed te laat hoor. Moenie ophou om My te vertel van jou stryd, vrese, drome en oorwinnings nie. Ek luister graag.


Gebed


Herinner my om elke dag te begin deur U naam te prys en my versoeke te laat opgaan tot by Vader se troon — help my ook om te bid want ek weet nie altyd hoe om te bid nie. Ek vertrou dat U my sal help om Vader se hart te raak in gebed.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Mornings With The Holy Spirit

Hierdie oordenkings is bedoel vir enigeen wat graag in gemeenskap met die Heilige Gees wil wees. Bestudeer die woorde wat die Heilige Gees vir Jennifer LeClaire gegee het gedurende tye van aanbidding, gebed en haar alled...

More

Ons wil graag Jennifer LeClaire and Charisma House bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asb: http://bit.ly/morningskindle

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid